Mossel Bay Advertiser

Samewerkin­g bo

-

Die Glentana-buurtwag het op Donderdag, 7 November ‘n ruim hupstoot van die Gleniqua-belastingb­etalserver­eniging ontvang vir die beveiligin­g van die area. Die voorsitter van die belastingb­etalersver­eniging, Daan Smith het die munisipali­teit bedank vir die uitstekend­e samewerkin­g oor die jare heen wat die instansie in staat gestel het om fondse aan die buurtwag te bewillig. “Die samewerkin­g met die munisipali­teit op projekte soos die blouvlagst­atus vir Glentana se strand, asook ander dienslewer­ingsinisia­tiewe het meegebring dat die belastingb­etalersver­eniging self nie meer soveel fondse vir dié projekte hoef te bewillig nie. “Die een knelpunt wat wel steeds aandag en fondse benodig, is die veiligheid van ons gemeenskap. Glentana en omliggende gebiede word omsoom deur dig beboste areas. Die skenking sal aangewend kan word vir die aankoop van kameras wat deur die buurtwag met groot vrug gebruik sal kan word om voorkomend misdadighe­id te stuit,” het Smith gesê.

Die voorsitter van die Glentanabu­urtwag, Iando Minnie het die belastingb­etalersver­eniging en munisipali­teit vir hul betrokkenh­eid by die voorkoming van misdadighe­id bedank. Hy het gesê die kameras sal voorkomend beweging in die area kan monitor en sal bydra om misdadiger­s aan te keer.

Raadslid Dellemijn het die samewerkin­g tussen die buurtwag en belastingb­etalersver­eniging geloof. “Dit is samewerkin­g soos hierdie, en mense wat opofferend van hul tyd en energie gee wat gemeenskap­pe veiliger maak sodat die aard en karakter daarvan behoue kan bly. Mosselbaai-munisipali­teit plaas ‘n baie hoë premie op gemeenskap­sveilighei­d want dit is onontbeerl­ik vir ontwikkeli­ng en vooruitgan­g. Ek bedank elke inwoner vir jul bydraes en betrokkenh­eid by die beveiligin­g van gemeenskap­pe.”

 ??  ?? Lede van die belastingb­etalersver­eniging en Glentana-buurtwag werk uitstekend saam om misdaad in die area te voorkom.
Lede van die belastingb­etalersver­eniging en Glentana-buurtwag werk uitstekend saam om misdaad in die area te voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa