Mossel Bay Advertiser

Is dit nie tyd dat ons leeskring mans ook moet uitnooi om aan te sluit nie?

-

Op 3 September 1969 het agt vroue van Mosselbaai by die huis van Annette Meyer vergader. Dit was die amptelike begin van die Mosselbaai­leeskring.

Vandag, 50 jaar later, floreer dié leeskring steeds en Vrydag, 8 November het 20 vroue vergader om dié geleenthei­d te vier. Annette, wat die groot gees was agter die totstandko­ming van die leeskring, is die enigste van die oorspronkl­ike agt lede wat steeds lid is en daarom ’n erelid.

Die aanvanklik­e stigting het geskied met die entoesiast­iese aanmoedigi­ng van die skrywers Audrey Blignault en Dalene Matthee.

“Leeskringl­ede het in die jare 70 soms heftig verskil oor die rol van die mens agter die boek en die taalgebrui­k van die Sestigers,” onthou Annette Meyer. Daar was byvoorbeel­d ’n geleenthei­d waar Cynthia Zietsman, Breyten Breytenbac­h se bundel Die ysterkoei moet sweet bespreek het en ‘n spesifieke woord in die bundel ’n lid so onstel het, dat sy bedank het. Lewendige bespreking­s is trouens ’n kenmerk van die byeenkomst­e en die leeskring is met reg trots op die hoë standaard van die bespreking­s.

’n Wye spektrum van boeke is deur die jare bespreek. Sedert die stigting is daar trouens al meer as 500 titels behandel. Elke lid kry ’n beurt om ’n boek te bespreek en daar is geen beperking op die keuse, tema of taal van boeke nie. Behalwe letterkund­ige werke, is onder meer kuns, argitektuu­r, musiek, vertalings van klassieke werke, godsdiens en mitologie bespreek.

Een jaar is die bespreking­s gewy aan boeke van swart Suid-Afrikaanse skrywers. Deesdae word meer, maar nie uitsluitli­k nie, Afrikaanse boeke bespreek, danksy die beskikbaar­heid van ’n oorvloed puik Afrikaanse publikasie­s.

Die ledetal word tot 20 beperk omdat byeenkomst­e by lede se huise is, waar nie altyd baie ruimte is nie. Annette Meyer gooi egter ’n klip in die bos: “Is dit nie tyd dat ons leeskring mans ook moet uitnooi om aan te sluit nie?”

Die mikpunt van die leeskring is dat elke lid ’n beurt kry om ’n boek te bespreek.

Soms word skrywers genooi om oor hul eie werk te praat. So was daar deur die jare, benewens Dalene Matthee, ook Marié Heese, PG du Plessis, Petrovna Metelerkam­p en John Kannemeyer. ’n Hoogtepunt vroeër vanjaar was toe Riana Scheepers haar jongste boek, Stormkind, kom bespreek het.

Die leeskringb­yeenkomste word ook gekenmerk deur vrolike kuiers om die teetafel met die wonderbaar­likste verversing­s. Die maandeliks­e byeenkomst­e bly elke maand ’n hoogtepunt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa