Mossel Bay Advertiser

Geskiedeni­s herleef weer in boek

-

Charles Theunissen, bekende skrywer van Mosselbaai bring in sy jongste boek weer eens hulde aan sy gemeenskap se voorsate. Hierdie keer vat hy die leser op ‘n historiese tog deur die ou Mosselbaai­se dorpsgebie­d.

Charles wil nie veel uit wei oor die inhoud van jongste boek nie, wat heel moontlik vroeg volgende jaar kan verskyn.

Charles wat onlangs vereer is by die Eden Sports Awards vir sy bydrae tot die optekening van sy mense se geskiedeni­s in sy tuisdorp, is baie opgewonde oor sy jongste projek.

Sy vorige twee boeke Mosselbaai se vergete rugbyhelde en Die kinders van Tarka en elders het groot aanklank gevind by die groter Mosselbaai en in die omliggende dorpe. Volgens hom was dit nog altyd sy passie om net die beste van sy gemeenskap se erfenis na vore te bring, tenspyte van sekere uitdagings wat hy somtyds moet oorbrug. Dis juis hierdie uitdagings wat hom motiveer om in sy doel te slaag. Hy gee erkening aan wyle Coreen Fourie, 'n historikus by die destydse plaaslike kultuurmus­eum op Mosselbaai. Haar navorsings­tegnieke en haar wil om altyd die groter Mosselbaai se erfenis lewendig te hou in haar era was die dryfveer agter sy volgehoue passie vir dit wat hy kon vermag tot dusver.

Die titel van sy derde boek gaan ‘n verassing wees vir die leser. Volgens Charles is daar sekere plaaslike instansies wat moontlik die bekendstel­ling van sy boek wil finansier, wat ‘n welkome hupstoot sal wees.

Een van hierdie instansies het juis 20 van sy tweede boek Die kinders van Tarka en elders gekoop gedurende die Diasfees 2018.

Aan diegene veral in die groter Mosselbaai omgewing en in die omliggende dorpe asook die Mosselbaai-munisipali­teit bedank hy vir hul ondersteun­ing oor die laaste paar jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa