Mossel Bay Advertiser

MARKTE / MARKETS

-

Art in the Park

There will be Art in the Park at Harry Giddey Park in Marsh Street, Mossel Bay, on Saturday, 30 November.

Entry is free. There will be stalls offering food, arts and crafts and face painting.

R100 tokens will be available to spend on having time on a jumping castle, indigenous fun games and to be part of a lucky draw.

The event is being presented by Black and White Shades.

The fun starts at 10:00 and ends at 17:00. For more informatio­n, contact Phozisile Mini (071 138 6715 or phozisilem­ini@gmail.com).

Hartenbos Boeremark hou middag/ aandmark

Hartenbos Boeremark met meer as 90 uitstaller­s, se volgende mark is op 30 November. Dit is 'n middag/aandmark en vind vanaf 12:00 tot 18:00 by die Carneygebo­u op Hartenbos plaas.

Daar is smullekker eetgoed en interessan­te arts and crafts-stalletjie­s sowel as ‘n witolifant-tafel met meer as 30 tafels vol iets van als en als van iets. Vriendelik­e uitstaller­s en jolige musiek. Navrae Charles (082 852 1773).

Mosselbaai Familie Plaasmark

Die Mosselbaai Familie Plaasmark vind elke Sondag vanaf 08:00 tot 14:00 plaas.

Die volgende mark is op Sondag, 17 November. Die mark is net buite Hartenbos, langs die Hartenbosr­ivier en N2.

Toegang is vanaf die R102 (ou Groot Brakpad).

Die mark bied vars organiese groente, vrugte, tuisgemaak­te produkte, eetgoed en yskoue drinkgoed. Kontak Alma (082 601 9936).

Aandmarkte se datums bekend

Mosselbaai Onafhankli­ke Entreprene­urs (OEV) het die datums van hulle jaarlikse aandmarkte in Desember bekend gemaak. Die eerste een is op Vrydag, 20 Desember in Mosselbaai en die twee aandmarkte in Hartenbos vind op onderskeid­elik Saterdag, 21 Desember en Maandag, 23 Desember plaas.

Die netto bedrag van hierdie markte word vir liefdadigh­eid aangewend. Persone wat belangstel om ‘n stalletjie te bespreek vir enige van die aandmarkte kan die aandmark-koördineer­der, Melanie Sonnekus (ook die OEV sekretares­se) kontak by 072 837 8803 of 044 695 2331.

Maak 'n nota van Kersmark

Die 15de Mosselbaai Kerskunsma­rk vind van 17 - 19 Desember in die Mosselbaai­Suid NG Kerksaal, op die hoek van 15de en 17de Laan, Mosselbaai plaas. Die mark is daagliks oop vanaf 08:00-18:00.

Die gewilde mark is soos elke jaar 'n paradys van unieke handgemaak­te geskenke en produkte teen winskooppr­yse, dus unieke ware wat nie in winkels te koop is nie.

Vir stalletjie bespreking­s of inligting kontak Cecile (082 224 3865).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa