Mossel Bay Advertiser

Valley-buurtwag maak impak

-

Die Valley-buurtwag wat reeds sedert Januarie 2018 bestaan, doen vrywillige patrolleri­ng in die woongebied by Da Gamaskop-polisiesta­sie. Lede doen patrollie vanaf Gelde r bl oe m straat tot by Al hof rylaan via Mosselstra­at om misdaad tot ‘n minimum in hierdie area te beperk.

Dit is 'n voldwonge feit dat 'n aktiewe buurtwag, ‘n berekenbar­e afname in misdaadsyf­ers tot gevolg het.

Lede het op 15 en 16 Oktober ‘n werkswinke­l in die George-stadsaal bygewoon waar minister Albert Fritz van die Wes-Kaapse departemen­t van gemeenskap s veiligheid as hoof spreker opgetree het. Hy het gevra dat die vergaderin­g vorendag moet kom met ‘n effektiewe en werkbare veiligheid­splan vir die Tuinroete-distrik en meld dat alle geakkredit­eerde buurtwagte baadjies en verdere toerusting sal ontvang. Majoorgene­raal Oswald Reddy van die SAPD het tydens die geleenthei­d gesê dat buurtwagle­de die oë en ore van die SAPD is. "Hulle moet siviele arrestasie­s uitvoer en onverwyld verdagtes visenteer. Geweld moet slegs uitgevoer word as lede se lewe in gevaar is of indien hulle hulself teen kriminele moet verdedig," het hy gesê.

Ridgeview Primêr

Die buurtwag doen ook patrollies by Ridgeview Primêre Skool om onderwyser­s met onhanteerb­are leerders te help. 'n Fondsinsam­elings konsert waartydens Rasta Rebels opgetree het, is onlangs in die skoolsaal gehou waartydens buurtwagle­de die area patrolleer en ook as hek- en karwagte opgetree het.

Vreedsame optog

Valley-buurtwagle­de was ook op Donderdag, 26 September betrokke by 'n vreedsame optog van geweld teen vroue en kinders in die groter Mosselbaai.

Sowat 500 mense was deel van die optog wat plaasgevin­d het vanaf Kindersorg se kantore tot by die Mosselbaai-landdrosho­f waar 'n memorandum oorhandig is.

Apostolies­e Geloofsend­ing

Op 25 en 26 Oktober het die buurtwag by die AGS-gemeente in D'Almeida diens gelewer waar die AGS s est reeks konferensi­e gehou is. Buurtwagle­de het tydens die konferensi­e buite die kerk geparkeerd­e motors opgepas gedurende die dienstye tussen 18:30 en 21:00.

Hillcrest Sekondêr

Na afloop van die moord op twee leerders van Hillcrest Sekondêre Skool, het die Valley-buurtwag by die skool oiens gedoen in samewerkin­g met die SAPD.

Lede het as sekuriteit­swagte opgetree, asook die ingange na die skool bewaak.

Die prinsipaal, mnr Kronenberg, was beïndruk met die lede want volgens hom het hulle teenwoordi­gheid ‘n groot verskil gemaak. Die Valley-buurtwag lewer ook ‘n diens by Sao Bras Hoërskool.

Vir verdere inligting oor of om by die buurtwag aan te sluit, kontak Michael Carelse (079 697 3272), Lynette (Koekie) Solomons - koördineer­der (071 811 4338) of Terence Williams - sekretaris (060 730 5289).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa