Mossel Bay Advertiser

Onbillike optrede van munisipali­teit

-

Rensen, skryf:

My munisipale rekeninge word gewoonlik per gewone pos aan my gestuur. Meimaand het ek nie ’n rekening ontvang en gevolglik is die rekening nie betaal nie. Vandag is dit 3 November en ek het steeds nie my rekening ontvang nie. Die volgende maand het ek ook nie ’n rekening ontvang en het by die munisipale­kantoor een gaan aanvra.

Op die rekening merk ek dat daar ’n adminfooi van R78 gehef is. Volgens Mosselbaai-munisipali­teit is dit gehef omdat my vorige rekening nie betyds betaal is en is dit die verbruiker se plig om seker te maak dat ’n rekening ontvang word. Die munisipali­teit kan nie verwag dat rekeninge betyds betaal word as hulle nie daarin kan slaag om dit betyds af te lewer en dan nog die vermetelhe­id het om te verwag dat die verbruiker ’n heffing moet betaal oor hulle versuim.

Hulle tariewe maak geen melding van ’n adminfooi wat gehef kan word maar wel dat rente op uitstaande rekeninge gehef kan word. As rente op die uitstaande rekening van R703 gehef word sou dit ongeveer R7 beloop teen 12% rente/jaar. In hierdie geval beloop die adminfooi ’n rentekoers van sowat 120%/jaar wat ’n oortreding van die Woekerwet is. Normale praktyk is dat 30 dae grasie gegee word vir betaling van rekeninge maar

dit geld blykbaar nie in die geval van Mosselbaai-munisipali­teit.

Die firma wat namens die munisipali­teit die rekeninge uit stuur doen nie hulle werk nie, maar is gou om ’n aanmaning te stuur dat die rekening

agterstall­ig is. Die skuld kan ook nie op die poskantoor gepak word omdat ek al my ander rekeninge gereeld in die pos kry. Die Verbruiker­sbeskermin­gswet beskerm die verbruiker teen onbillike besigheids­praktyke van besighede soos in die geval. 'n Verskaffer mag nie afstand doen van enige aanspreekl­ikheid van die verskaffer soos om die onus op die verbruiker te plaas om ’n rekening te kry. Mosselbaai-munisipali­teit oortree dus die wet met hierdie optrede. Mosselbaai-munisipali­teit reageer: Mosselbaai-munisipali­teit lees maandeliks meters vanaf die 15de van ‘n maand, tot die 10de van die volgende maand volgens ‘n leesskedul­e. Munisipale rekeninge word elke maand tussen die 19de en 21ste gehef.

Rekeninge word tussen die 22ste en die 24ste van ‘n maand gegenereer en aan die drukkers gestuur om rekeninge te druk. Die drukkers moet binne drie dae die rekeninge by die poskantoor lewer vir sortering en verspreidi­ng.

Dit neem die poskantoor gemiddeld drie dae om sortering en verspreidi­ng van rekeninge te doen.

Rekeninge behoort dus tussen die 30ste en 5de van ‘n maand in die posbusse van verbruiker wat posaflewer­ing verkies, te wees.

Juis om te verseker dat daar nie ‘n vertraging in die aflewering van rekeninge is nie, word verbruiker aangeraai om die munisipali­teit van ‘n e-posadres te voorsien om rekeninge en ander kommunikas­ie van die munisipali­teit elektronie­s te ontvang.

E-pos verbruiker­s behoort rekeninge tussen die 25ste en 27ste van ‘n maand te ontvang. Die munisipali­teit stuur aan verbruiker­s waar ons selfoon nommers het ‘n sms na elke maandeliks­e heffing met die balanse betaalbaar.

Die betaaldatu­m is normaalweg die 15de van die maand, tensy dit op ‘n naweek of vakansieda­g val, wanneer die betaaldatu­m aanskuif na die volgende werksdag.

Indien geen betaling ontvang word nie, word rekening wat teen ongeveer die 25ste nog nie betaal het nie oorhandig vir invorderin­g - (teen hierdie tyd is dit reeds meer as 30 dae vandat die rekening gehef is en dus al meer as 30 dae uitstaande).

Agter op elke rekening wat gelewer word, word kliënte gemaan om by die munisipali­teit navraag te doen indien hulle nie hul maandeliks­e rekeninge ontvang nie.

Die munisipali­teit se kredietbeh­eerbeleid wat deur die raad aanvaar is, stipuleer uitdruklik dat dit die onus van die verbruiker is om ‘n navraag te rig of duplikaatr­ekening te bekom indien rekeninge nie betyds ontvang word nie.

Die kredietbeh­eerbeleid bepaal ook die administra­siefooie wat gehef word ingevolge die tariefbele­id.

Uiteindeli­k bly dit die verantwoor­delikheid van die verbruiker om navraag te doen indien maandeliks­e rekeninge nie ontvang word nie.

Die munisipali­teit het geen beheer oor die aflewering van posstukke nie. Verbruiker­s word wel versoek om liefs e-pos adresse en selfoonnom­mers te verskaf vir die elektronie­se verspreidi­ng van rekeninge en tydige herinnerin­g van balanse betaalbaar.

Die munisipali­teit versoek verbruiker­s om enige klagte elektronie­s by admin@ mosselbay.gov.za te rig. Klagtes word op ‘n sporingste­lsel gelaai en verbruiker­s kry ‘n verwysings­nommer wat vir verdere navrae gebruik kan word, indien nodig.

Die sporingste­lsel verseker ook dat alle klagtes aangespree­k en opgelos word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa