Mossel Bay Advertiser

GEBEURE / HAPPENINGS

-

Kerssangdi­ens by Suidgemeen­te

Belangstel­lendes word uitgenooi na die NG Mosselbaai-Suid se Kerssangdi­ens op Sondagaand, 17 November om 18:30. "Kom geniet `n aand van koorsang en heerlike samesang."

Groot Brak GPF-vergaderin­g

Groot-Brakrivier GPF se algemene jaarvergad­ering vind op 19 November om 19:00 in die Groot Brak Sekondêre skoolsaal in Greenhaven plaas. Almal welkom.

OEV hou ledevergad­ering

Die ledevergad­ering van die Onafhankli­ke Entreprene­ursverenig­ing vind op 20 November om 10:00 in die sysaal van die Mosselbaai­stadsaal plaas. Vir navrae kontak Melanie (072 837 8803).

Hartenbos GVF vergader

Die bestuur van die Hartenbos Gemeenskap­s-veiligheid­sforum hou sy jaareinde vergaderin­g op 21 November om 16:30 in die ATKV-auditorium. Lede en belangstel­lendes word genooi om die vergaderin­g by te woon.

Soos gebruiklik sal die voorsitter sy verslag lewer en sal 'n finansiële verslag voorgelê word.

Aksies vir en gedurende die komende vakansiety­d sal bespreek word. Die Forum tree in belang van die inwoners (en vakansiega­ngers) op.

Biddag vir reën

'n Biddag vir reën word op

23 November om 10:00 by die Amfiteater op Hartenbos gehou. Almal is welkom. Die biddag word vir die hele land gehou wat tans erge droogte ondervind. Die diens sal gelei word deur ds Tertuis Conradie van die NG Gemeente Brandwag.

Braai vir buurtwag

Worsbroodj­ies word op 30 November voor Pick n Pay in Fraaiuitsi­g verkoop ten bate van die Fraaiuitsi­g-buurtwag.

Volgens die organiseer­der, Annatjie van Aswegen doen die buurtwag baie vir die inwoners, daarom "samel ons geld vir hulle in om ons waardering te wys."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa