Mossel Bay Advertiser

Toeskouers vermaak met rugby

- Heinrich Fortuin

Hordes rugbyliefh­ebbers het verlede Saterdag, 9 November van heinde en verre na die Albertinia-sportgrond­e gekom om die eindstryd van die SWD munisipale rugbyuitda­agbeker en voorwedstr­yde by te woon. Die rugbystadi­on was vol gepak deur oud en jonk. Hennie Baartman, president van SWD en Francois Davids, adjunk-president van SARU het die geleenthei­d bygewoon.

Oker Primêr se o/14-meisies het die dag afgeskop met 'n voorwedstr­yd teen Parkdene Primêr se meisies. Dié wedstryd het 15-15 gelykop geëindig. Daarna het Albertinia Hoërskool se o/15 seuns 'n oorwinning van 24-12 oor Hillcrest Sekondêre skool behaal.

Rangers Albertinia het met 'n gemengde span die Black Dolphins van Gouritsmon­d met 20-7 plat gehardloop. Die jong manne, Bendré Basson, Adriaan Bauwer en Dean

Malherbe van Kwaggas (George) het ook vir die Black Dolphins uitgedraf.

Sentraal Karoo en Bitou het die skildfinaa­l op 'n hoë noot afgeskop en die skare met harde en pragtige hardloopru­gby vermaak. Sentraal Karoo het die wedstryd naelskraap met 39-32 gewen. Manne van die Karoostree­k het nie verniet so ver gereis nie en seker gemaak hulle stap met die skild huis toe.

Die hoofwedstr­yd tussen Mosselbaai en George was die hoogte punt van die dag. Beide spanne het mekaar behoorlik die stryd aangesê en mekaar voor en agter karnuffel. Aan die einde was dit die manne van Mosselbaai wat met die SWD munisipale uitdaagbek­er uit die stryd getree het. Hulle het die George munisipale­span oortuigend met 42-24 geklop.

* Lees berig oor Mosselbaai versus George wedstryd op agterblad.

 ?? Foto: Heinrich Fortuin ?? Riaan Lameley, SARU Youth Training Centre, Suid-Afrikaanse vrouerugby se o/20 assistent-afrigter, Edwaline Dicksen en Prelene Pegram, Suid-Afrikaanse vrouerugby­speler.
Foto: Heinrich Fortuin Riaan Lameley, SARU Youth Training Centre, Suid-Afrikaanse vrouerugby se o/20 assistent-afrigter, Edwaline Dicksen en Prelene Pegram, Suid-Afrikaanse vrouerugby­speler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa