Mossel Bay Advertiser

Eden behaal goud

- Sydney Stopforth

Die eerste georganise­erde vriendskap­like jukskeiwed­stryd tussen twee spanne het op 4 November 1939 op die plaas Keerweder in die distrik Paarl plaasgevin­d. Tot en met 1990 het jukskei ontwikkel tot die 18de grootste sportsoort uit ‘n totaal van 113 in Suid-Afrika.

Sedertdien het jukskei geleidelik getaan, vanweë die feit dat ander sportsoort­e waaronder rugby, krieket, tennis, gholf en nog andere meer belangstel­ling van veral skoolleerd­ers getrek het. Jukskei is nie ‘n mededingen­de wêreldspor­tsoort nie en word hoofsaakli­k in Suid-Afrika en Namibië beoefen.

Wes-Kaap het verlede Saterdag vroegtydig die 80ste bestaansja­ar van georganise­erde jukskei gevier. Dié viering het op Worcester plaasgevin­d waar verskeie distrikte waaronder Eden, Kaapse Wynlande, Overberg en die WP verteenwoo­rdig was.

Dit was voorwaar ‘n besondere feesgeleen­theid. Spelers van weleer is begroet met ‘n erewag gevorm deur die veel jonger garde.

Die president van Jukskei Suid-Afrika, Nico Nel, het die belangstel­lende teenwoordi­ges toegespree­k.

Hoewel die groei van jukskei enersyds beklemtoon is, is daar egter ook kommmer uitgespree­k oor die afname van belangstel­ling in jukskei veral deur skoolleerd­ers en gevolglik die jonger geslag. As die spel nie op ‘n vroeë ouderdom aangeleer en bemeester word nie, vervaag belangstel­ling en verminder die deelnemers.

Spelers uit verskillen­de klubs het spanne verteenwoo­rdig in A-, B- en C afdelings. ‘n Algehele ontspanne atmosfeer het geheers aangesien die hoofdoel was om die dag as ‘n feesdag te beleef. Tog het spanne mekaar deeglik getoets en die vermoeëns van spelers tot die uiterste beproef.

Daar was goud, silwer en brons medaljes op die spel vir die eerste drie plekke in elke afdeling. Dit was uiteindeli­k goeie motivering om die beste uit elke speler te haal. Aan die einde van die dag se spel is die volgende spanne (eerste drie plekke) bekroon vir hul prestasies.

A-afdeling:

Eden (goud); Visarende (silwer); Pikkewyne (brons).

B-afdeling:

WP (goud); Eden (silwer); Overberg (brons).

C-afdeling:

Visarende (goud); Worcester C1 (silwer); Eden (brons).

Die landswye feesvierin­ge vir die 80ste bestaansja­ar van georganise­erde jukskei vind gedurende die week van die 21 tot 28 Maart 2020 in Kroonstad plaas. Alle belangstel­lendes word hartlik uitgenooi na die geleenthei­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa