Mossel Bay Advertiser

Stilbaaier­s palm trofee in

-

Daar word elke jaar in November tussen die Suid-Kaap Sagesspele­rs meegeding om die Hennie Huysertrof­ee.

Die wenners van die trofee is dan die amptelike beterbalka­mpioene van die betrokke jaar, ‘n status wat hulle behou tot die volgende jaar November. Vanjaar is die trofee ingepalm deur twee Stilbaaier­s, Pat Tavener en Dirk Bosman. Baie geluk julle twee.

Die beterbalko­mpetisie het op Dinsdag, 5 November op Stilbaai plaasgevin­d. ‘n Groot groep van 64 spelers het kom meeding en die plaaslike spelers het behoorlik die tuisveldvo­ordeel gebruik en die eerste drie posisies ingeneem. Baie dankie aan die Stilbaai-gholfklub wat soos altyd goedgeorga­niseerd en baie gasvry die groot groep spelers ontvang en trakteer het. Dis regtig ‘n plesier om daar te kan speel.

Uitslae

Die volgende pare het die beste stableford­punte aangeteken (die uittelstel­sel vir spelers wat dieselfde punte het werk op die hoogste ouderdom):

1. Pat Tavener en Dirk Bosman (Stilbaai) 46 (Hennie Huysertrof­eewenners); 2. Danie Marais en Tony Postma (Stilbaai) 46; 3. Dave en Melinda Gravett (Stilbaai) 46; 4. Errol en Leatitia Higgs (voornemend­e Sageslede van Mosselbaai) 45; 5. Jimmy Sherman en Billy van der Westhuysen (Stilbaai) 43; 6. Jaco Swanepoel en Josef Botes (Riversdal) 41; 7. Nic Marais en Gert Pieterse (Mosselbaai) 40; 8. Ricky May en Frik Putter (Stilbaai) 39.

Die naaste aan die penne is gewen deur Thys Cronje van Stilbaai op 2/11 en Dawie le Roux van Heidelberg op 8/17. Baie dankie aan JC Slaghuis van Riversdal vir die borg van die twee pryse.

Baie dankie ook aan Celia Hart wat twee gholfhandd­oeke gemaak het wat as pryse oorhandig is.

Die laaste Sagestoern­ooi van die jaar is die IPS -kompetisie wat op 26 November op Heidelberg plaasvind. Daar ontvang die wenner die Bertus Louwtrofee.

By die geleenthei­d vind die algemene jaarvergad­ering van die Suid-Kaap Sages ook plaas en spelers word aangemoedi­g om dit by te woon.

 ??  ??
 ??  ?? Wenners op Stilbaai: Grove Koch (voorsitter), Pat Tavener en Dirk Bosman met die Hennie Huysertrof­ee, Dave en Melinda Gravett, Danie Marais en Tony Postma.
Wenners op Stilbaai: Grove Koch (voorsitter), Pat Tavener en Dirk Bosman met die Hennie Huysertrof­ee, Dave en Melinda Gravett, Danie Marais en Tony Postma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa