Mossel Bay Advertiser

Matriekseu­n bots voor vraestel

- Jannie du Plessis

‘n Matrieklee­rder van die Hoërskool Punt was op Woensdag, 13 November op Louis Fourieweg in 'n botsing betrokke.

Die ongeluk het net na 07:30 gebeur toe Tyron Casey (18), wat op pad was om sy vraestel te skryf, in die nat weer met sy bromponie teen die agterkant van 'n Nissanbakk­ie gebots het. Die voorval het by die indraai na die Mosselbaai-landdrosho­f gebeur. Tyron se ma, Henriëtte het aan die

Mossel Bay Advertiser gesê dat Tyron haar vertel het dat hy nie erg seergekry het nie, maar toe hy van sy bromponie afval, het hy in die aankomende baan beland waarna 'n donkerblou Hyundai, oor sy bene gery het.

Die Hyundai, wat volgens 'n ander ooggetuie deur 'n man bestuur is, het van die toneel af weggejaag. Tyron se bobeen is in die proses gebreek. Twee van Tyron se skoolmaats het gesien hoe die Hyundai oor sy bene gery het," vertel Henriëtte. Nooddienst­e van ER24, EMS, By Grace, die verkeersde­partement en die brandweer was spoedig op die toneel.

Henriëtte vertel Tyron het gesê: "Mommy I will never forget that moment when I saw the blue Hyundai coming straight at me."

Ná die ongeluk was die geskokte Henriëtte self op die toneel en is deur paramediku­s, Juan Barnard van By Grace-ambulansdi­ens bygestaan en vertroos.

Oorgeplaas na George

Henriëtte vertel dat haar man nege jaar gelede op 13 Oktober oorlede is en dat sy haar kinders alleen grootgemaa­k het. Tyron is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandelin­g.

Hy is later na George oorgeplaas vir 'n operasie waar sy bobeen met plate en skroewe herstel gaan word.

Tyron sou die dag van die ongeluk eksamen geskryf het. Volgens mnr Adolf Gouws, skoolhoof van Hoërskool Punt op Mosselbaai, sal Tyron egter tot Julie aanstaande jaar moet wag om die hereksamen te skryf. Ná die uitslae in Augustus 2020 sal hy eers sy matriekuit­slae ontvang. Die hereksamen reëls van die departemen­t van onderwys geld net in drie gevalle: om mediese redes, in die geval van hofverskyn­ings en die dood van 'n ouer/ ouers of 'n naasbestaa­nde. Leerders wat egter sonder dié redes wegbly vir 'n vraestel, mag nie die hereksamen skryf nie.

 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? Die ongeluksto­neel voor die hof in Louis Fourieweg waar Tyron Casey (18) teen ‘n bakkie gebots het. INLAS: Tyron Casey se geskokte ma, Henriëtte, word hier op die toneel deur paramediku­s van By Graceambul­ansdiens, Juan Barnard, getroos.
Foto’s: Jannie du Plessis Die ongeluksto­neel voor die hof in Louis Fourieweg waar Tyron Casey (18) teen ‘n bakkie gebots het. INLAS: Tyron Casey se geskokte ma, Henriëtte, word hier op die toneel deur paramediku­s van By Graceambul­ansdiens, Juan Barnard, getroos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa