Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai die kampioene

- Foto's: Francois Boshoff

Reinhardt Stears, agsteman en kaptein van Mosselbaai munisipali­teit se rugbyspan het verlede Saterdag 'n barshou gespeel toe sy span in die finaal van die SWD munisipale-uitdaagree­ks se gemeenskap s beker afdeling teen die span van George-munisipali­teit te staangekom het.

Mosselbaai het die krane behoorlik oopgedraai en George in die wedstryd wat op Albertinia plaasgevin­d het, met 42-24 verslaan. Stears het twee keer vir sy span agter die doellyn gaan kuier en is met reg is as beide die speler van die wedstryd asook die speler van die reeks aangewys.

Mosselbaai het nie van meet af aan voorgeloop nie, maar die bordjies in die 23ste minuut verhang toe hulle die voortou neem. Mosselbaai het hierna die punte opgestapel en teen rustyd was die telling 14-10 in Mosselbaai se guns.

Ná rustyd het die Mosselbaai­ers egter met nuwe oorgawe gespeel en die punte stelselmat­ig opgestapel. Met nog 35 minute oor het die telling tot 21-10 geklim en met 33 minute oor het die span van George punte aangeteken en die telling na 21-17 gewysig.

Die Mosselbaai­ers speel met krag en teken nog twee vervyfde drieë aan om die telling tot 35-17 te laat rek waarna George ook weer agter die doellyn gaan kuier en die telling na 35-24 verander. Met slegs een minuut voor die eindfluitj­ie blaas maak Mosselbaai die eindtellin­g op 42-24 vas.

Mosselbaai se munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee het die span vir hul volgehoue goeie spel geloof.

Mosselbaai se puntemaker­s was - drieë: Reinhardt Stears (2), Curshwin Mono (1), Edgar Syfers (1), Patrick Amsterdam (1) en een strafdrie. Doelskoppe: Henn-Lin Botha (5).

Edgar Syfers, wat ook 'n drie vir span gaan druk het is die speler wat die meeste punte in die toernooi aangeteken het, naamlik 72 punte.

 ?? Photo: GolfRSA ?? Reinhardt Stears, agsteman en kaptein in volle vaart met die bal. Stears is ook aangewys as beide die speler van die wedstryd asook die speler van die reeks.
The GolfRSA Protea team. From left: Symone Henriques (Glenvista Country Club), Zethu Myeki (Randpark Golf Club), Martin Vorster (Pinnacle Point Estate) and Sam Simpson (Bellville Golf Club).
Photo: GolfRSA Reinhardt Stears, agsteman en kaptein in volle vaart met die bal. Stears is ook aangewys as beide die speler van die wedstryd asook die speler van die reeks. The GolfRSA Protea team. From left: Symone Henriques (Glenvista Country Club), Zethu Myeki (Randpark Golf Club), Martin Vorster (Pinnacle Point Estate) and Sam Simpson (Bellville Golf Club).
 ??  ?? José Cunha (vaskopstut) het ‘n barshou gespeel.
José Cunha (vaskopstut) het ‘n barshou gespeel.
 ??  ?? José Pietersen (regtervleu­el) gee ‘n systappie om om een van die opponente te beweeg.
José Pietersen (regtervleu­el) gee ‘n systappie om om een van die opponente te beweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa