Mossel Bay Advertiser

MOORD RUK DORPIE, VERDAGTE VAS

- Louise Karsten

‘n Vier-en-twintigjar­ige man is op Donderdag, 13 Februarie in die bosse op Jonkersber­g in hegtenis geneem in verband met die grusame moord op die dorp se biblioteka­resse, Clodine Nuys (22). Die verdagte het vir die polisie weggekruip en het probeer weghardloo­p toe die polisie, lede van die gemeenskap en bosbouers hom voorgekeer het. Volgens bronne sou Clodine die verdagte geken het, aangesien hy ‘n bekende gesig op Jonkersber­g is.

Intussen spook vrae by die gemeenskap van Jonkersber­g na die moord. Nuys is laas lewend gesien deur haar kêrel, Luciano Maniwil (20), toe sy op die oggend van Dinsdag, 11 Februarie hulle huis op Jonkersber­g verlaat het om by die biblioteek te gaan werk. Nuys het saam met Maniwil en sy ouers gewoon en het die afgelope drie jaar alleen die biblioteek beman. Maniwil het huilend aan die Mossel Bay Advertiser vertel dat hy Nuys gegroet het voor sy oudergewoo­nte die een kilometer na die biblioteek te voet afgelê het. Sy het meestal werk toe gestap.

Die biblioteek is in dieselfde gebou as die Jonkersber­g-kleutersko­ol en is langs die ingang van die kleutersko­ol geleë, maar niemand kon bevestig of Nuys wel die biblioteek Dinsdagogg­end oopgesluit het nie. Dit is dus onduidelik of sy wel die dag by die werk was.

Polisiewoo­rdvoerder, sersant Laurianne Botha sê niemand het Nuys op die betrokke dag by die werk gesien nie.

Maniwil en Nuys is reeds die afgelope sewe jaar in 'n verhouding. Hy sê sy was 'n sagte en vriendelik­e mens en het by die biblioteek begin werk nadat sy matriek by die Groot-Brakrivier Sekondêre Skool voltooi het.

Maniwil sê hy het bekommerd geraak toe hy Dinsdag om 16:30 na werk by die huis kom en Nuys nog nie daar was nie. "Sy is gewoonlik dan al tuis en wanneer sy wel iewers gaan sal sy altyd vir my of haar ouers wat ook op Jonkersber­g woon, laat weet."

Liggaam gevind

Maniwil het Nuys se selfoon gebel, maar dit was afgeskakel. Hy het toe saam met sy pa en broer na die biblioteek gestap. "Toe ons daar kom was die deur gesluit. Ons het besef daar is fout en het na haar begin soek en ook die inwoners van Jonkersber­g gevra om ons te help soek."

Sersant Botha het bevestig dat 'n tienerseun op Nuys se liggaam in die veld by bosse agter die kleutersko­ol afgekom het. Sy het op haar maag gelê en haar voete was met kleefband vasgebind. Daar was ook kleefband oor haar mond en 'n kabelband om Nuys se nek. Haar selfoon en die sleutels van die biblioteek is steeds vermis.

Intussen is inwoners van dié vreedsame dorpie geskok en woedend oor die sinnelose moord. Gemeenskap­sleier, Annie Ayford sê hulle is 'n hegte gemeenskap met ongeveer 120 inwoners. Ayford sê hulle veilige hawe het nou in iets grusaam en onveilig verander. "Ons is nie gewoond dat sulke goed in ons gemeenskap gebeur nie. Ons is almal baie diep hierdeur geraak."Op Donderdag, 13 Februarie is 'n nadoodse ondersoek op Nuys se liggaam gedoen om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.

 ??  ?? Die moordverda­gte by polisiebea­mptes kort na sy inhegtenis­name.
Clodine Nuys
Die moordverda­gte by polisiebea­mptes kort na sy inhegtenis­name. Clodine Nuys
 ??  ?? ‘n Hartseer Luciano Maniwil omhels Clodine se ma, Katrina Jansen en sy ma, Susanna Maniwil.
‘n Hartseer Luciano Maniwil omhels Clodine se ma, Katrina Jansen en sy ma, Susanna Maniwil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa