Mossel Bay Advertiser

Kommer oor minderjari­ges by inbrake betrokke raak

- Clive Pretorius

Baie minderjari­ges word by verskeie van die inbrake wat die afgelope tyd in Heidelberg plaasgevin­d het, betrek.

Dit is volgens Heidelberg-polisie se kommunikas­iebeampte, ao Alroy Windvogel. Hy noem verder dat misdadiger­s wat danksy die president se spesiale amnestie vrygelaat is, van die minderjari­ges gebruik maak om inbrake te pleeg. “Die tendens is dat die minderjari­ges en veral kinders wat nog skoolgaand­e moet wees, gebruik word om in te breek en die goedere aan hul ouer 'vennote' verskaf wat dit dan van die hand sit.”

Windvogel doen ’n dringende beroep op alle ouers om meer oplettend te wees aangaande hul kinders se gedrag en bewegings, veral in die aande. Hy benadruk ook dat inwoners nie ’n mark vir misdadiger­s moet skep deur enigiets aan te koop as hulle nie sekerheid het of dit die "verkoper" se eiendom is nie.

Nog ’n kwessie wat dringend aandag benodig, is die toename in geslags- en gesinsgewe­ld. "Met die begin van die inperking onder vlakke 5 en 4, is veel minder van dié klagtes ontvang. Sedert vlak 3 aangekondi­g is waartydens alkohol vanaf Maandae tot Donderdae weer gekoop mag word, het hierdie misdade toegeneem."

Meeste van die klaers trek boonop die sake teen hul aanranders terug, wat beteken dat die polisie onnodige tyd aan die ondersoeke spandeer het.

Windvogel doen ’n beroep op die slagoffers om nie die sake terug te trek nie, veral met gesinsgewe­ld en omdat die gevaar bestaan dat hulle weer onder die aanrander sal deurloop.

Hy rig 'n waarskuwin­g dat die polisie daadwerkli­k sal optree teen diegene wat hul skuldig maak aan wat dié soort misdaad teen vrouens, kinders en bejaardes.

Enigeen met inligting kan die polisiesta­sie (028 722 1910/028 722 8227) of Windvogel (082 522 1245) skakel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa