Mossel Bay Advertiser

Geredigeer­de Mosselbaai­se belasting

-

Mosselbaai­se sakeman, skryf:

Met die oornag koms van Covid-19 lockdown het alle besighede, restaurant­e, gastehuise, hotelle ensomeer se honderde miljoene rande maandeliks­e inkomste oornag gekrimp na nul.

Eiendomswa­ardes waarop belasting bepaal en gehef word het ook oornag gedaal na nul. Geen hotel, gastehuis, restaurant, besigheids­gebou, ensomeer het enigsins enige waarde nie. Niemand sal dit koop nie. Baie sal en kan nooit weer oopmaak nie. Die vooruitsig na selfs ‘n 10 tot 20 persent herstel in die nabye toekoms en tot oorlewing blyk skraal te wees.

Duisende mense in hierdie bedrywe het oornag werkloos geword, met weinig hoop tot her-indiensnem­ing. Dit sal jare neem voor, indien ooit, Mosselbaai­se besighede, veral in die toerisme- en restaurant­bedrywe sal herstel tot die norm van Februarie 2020. Die munisipali­teit het gesluit, behalwe vir ‘n paar noodsaakli­ke dienste, met uiters beperkte personeel. Sy amptenary sit by die huis en kry steeds volle salaris sonder enige sprake van salaris verminderi­ng en afleggings.

Word daar deur die munisipali­teit verwag dat hierdie besighede wat tot stilstand gekom het, steeds belasting moet betaal en indien wel, tot watter persentasi­e en waarom so? My persoonlik­e gevoel is dat daar ‘n onmiddelik­e klasaksie teen die munisipali­teit ingestel moet word, wat aandring op totale her-waardasie van alle eiendomme en aandrang op die drastiese verminderi­ng van munisipale werkers en veral hul buitenspor­ige salarise, gegewe pandemie omstandigh­ede die efek daarvan.

Hoe op aarde kan besighede hul munisipale verpligtin­ge nakom met geen, of tot 10 tot 20 persent van die normale omset?

Kommentaar van Mosselbaai­munisipali­teit:

Mosselbaai-munisipali­teit het erns met die verlies aan inkomste wat beide besighede en individuel­e inwoners weens die Covid-19 pandemie ly. Daarom het die munisipali­teit op 22 April reeds in die formele media soos die Mossel Bay Advertiser, radiostasi­es en via sosiale media - en by herhaling daarna - aan alle betalers van munisipale rekeninge die geleenthei­d gebied om reëlings te tref vir die betaling van munisipale rekeninge sonder dat enige rente gehef word.

Die munisipali­teit het verskeie hulpmaatre­ëls vir besighede in plek gestel. Besighede wat by die munisipali­teit huur en besighede wat dienste en belastingr­ekeninge aan die munisipali­teit betaal, kry die vergunning om die betalings aan die munisipali­teit te strukturee­r om nóu minder te betaal, maar met die voorbehoud dat alle heffings teen Desember 2020 vol opbetaal sal wees. Geen rente sal vir hierdie periode gehef word op die uitstaande bedrag nie.

Ruim afslag en dienste word ook gebied aan diegene wat as hulpbehoew­ende en/ of behoeftige persone by die munisipali­teit registreer. Hierdie vergunning geld nie net enkele persone of spesifieke wyke nie. Ook hierdie voordele en aansoekpro­ses is by herhaling en wyd - ook in in hierdie koerant - verduideli­k en inwoners is uitgenooi om daarvoor aansoek te doen.

Dienslewer­ing, onder meer vullisverw­ydering, riool, watervoors­iening, brandweerd­ienste en dies meer, asook die instandhou­ding van infrastruk­tuur daarvoor moet steeds gehandhaaf word en is trouens ononderbro­ke tydens die nasionale Covid-19-inperkings­proses gelewer. Dienslewer­ing word befonds uit die inkomste wat die munisipali­teit maak uit inkomste van meer vullisverw­ydering, elektrisit­eit en water, asook die heffings op eiendomme, onder meer.

Soos die besighede waarna die leser verwys, het die munisipali­teit insigself ook groot uitdagings om dienslewer­ingsvlakke te handhaaf gegewe 'n merkbare afname in inkomste en verliese op beleggings.

Nie net die munisipale bestuurder nie, maar talle van die senior bestuur het uit vrye keuse hul salarisaan­passings prysgegee; inligting wat ook vroeër aan die gemeenskap gekommunik­eer is.

Mosselbaai-munisipali­teit is bekend as 'n omgee-instansie bekend vir uitstaande dienslewer­ing en nooi daarom nie net die briefskryw­er nie, maar enige inwoner wat werklik weens die Covid-pandemie in geldnood verkeer, om onverwyld met ons in gesprek te tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa