Mossel Bay Advertiser

Swak diens kwel

-

Ben Erasmus, skryf:

Ek verwys na die berig in die Mossel Bay Advertiser “Telehone trouble has Telkom client hot under collar”.

Ek het onlangs ook ‘n brief aan u gestuur oor die swak diens by die Langeberg Mall se tak van Telkom.

Ek het vir twee dae in die ry by Langeberg Mall se Telkom-winkel gestaan vir ‘n totaal van agt ure. ‘n Telkom-personeell­id het kort-kort langs die ry opgeloop om te hoor wat die mense wou hê.

Ek het verduideli­k wat ek wou hê en sy is terug in die winkel in. Met die terugkom het sy gesê dat die konsultant­e my sou kon help. Geduldig het ek vir ure gewag. Toe ek uiteindeli­k tot die winkel toegelaat word en my probleem aan die konsultant stel, het sy bloot gesê dat hulle my nie sou kon help nie! Ongeag of hulle ‘n paar ure gelede gesê het dat ek moet wag, hulle sal kan help.

By die huis het ek probeer om ‘n kliëntedie­nsafdeling van Telkom se nommer te kry. Nodeloos om te sê daar is nie so ‘n afdeling nie. Ek het toe regtig probeer om een of ander Telkombest­uurder te skakel. Ook die call centre. Als word begroet met “This number does not exist”.

Ek wil aansluit by Andy Wood, ons is uitgelewer aan die patetiese swak diens by Telkom-winkels in die malls en veral die een in die Langeberg Mall. As iemand dalk ‘n Telkom-nommer opspoor wat “exist” behalwe die van die winkels in die malls, gee dit tog aan die koerante om op hul voorblaaie

te sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa