Mossel Bay Advertiser

Vrae oor begrote 400k vir reklamebor­d

- Cornelle Carstens

‘n Opposisiep­arty in die munisipale raad het vandeeswee­k hulle kommer te kenne gegee oor die goedkeurin­g van ‘n R400 000begroti­ng vir bemarkings­doeleindes.

Die item is bespreek tydens ‘n virtuele raadsverga­dering wat aan die einde van Junie gehou is. Jeanette Gouws van die ACDP het in ‘n persverkla­ring ‘n beroep op ander opposisiep­artye gedoen om waaksaamhe­id aan die dag te lê wanneer dit kom by die besteding van belastingb­etalers en inwoners se geld.

“Die ACDP is sterk gekant teen die beplande advertensi­ebord op Louis Fourie. Ons bevraagtek­en die feit dat die munisipali­teit bemark moet word asof dit ‘n diensversk­affer is en nie ‘n besigheid wat afhanklik is van die verkoop van produkte nie.”

Gouws sê in die verklaring verder dat die begrote fondse eerder in die lig van die effek van die nasionale inperking aangewend kan word, sou daar ‘n humanitêre voedselkri­sis ontstaan. In hulle repliek, het die Mosselbaai-munisipali­teit gesê dat daar nog nie finaliteit oor die ligging van die voorgestel­de reklamebor­d is nie. Dit word egter in die vooruitsig gestel dat dorpenaars se voordeel uit die inisiatief, tweeledig sal wees.

“Tereg is die persoon wat navraag gedoen het, bekommerd oor die kwynende plaaslike ekonomie wat die nasionale en trouens internasio­nale ekonomiese tendense volg. Maar die munisipali­teit het nog altyd die bevorderin­g van die plaaslike ekonomie voorgestaa­n en het verskeie inisiatiew­e geloods om die ekonomie te stimuleer,” het die munisipali­teit se woordvoerd­er, Nickey le Roux gesê.

Sy het onder meer verwys na die gereelde dorpsfeest­e en fasiliteit­e vir die bevorderin­g van kleinhande­lsprojekte. Dit sluit in die Bee Hives in Mosselstra­at en die Goods Shed binnenshui­se mark.

Waardevoll­e komponent

“Covid-19 stel ongekende uitdagings wat innoverend benader moet word om die plaaslike ekonomie, asook dié van die distrik te stimuleer. Dit word nie beoog om die reklamebor­d te gebruik om die munisipali­teit per se te bemark nie, maar om die dorp en sy toerismevo­ordele aan die groot klok te hang.” Le Roux het ter stawing verwys dat voorbeelde waar buitelugre­klame beide in Suid-Afrika en internasio­naal met besondere sukses vir hierdie doel aangewend word.

“Daarbenewe­ns word die potentsiaa­l ondersoek vir die verhuring van die buitelugre­klamebord(e) aan die besighede, wat insigself vir die munisipali­teit ‘n inkomste sal bied wat oor ‘n termyn, die oprigtings­koste ver sal oorskadu.”

Volgens Le Roux is buitelugre­klame ‘n waardevoll­e komponent van die bemarkings­pakket. Hierdeur word die aantrekkin­gskrag van Mosselbaai se veelvoud bemarkings­waardige komponente bevorder onder toeriste, asook potensiële beleggers. “Die munisipali­teit het die afgelope paar jaar veral moeite gedoen om goeie verhouding­e te vestig met instansies soos die Mosselbaai Besigheids­kamer, die Garden Route Film Office, SCEP, Mosselbaai Toerisme en andere wat ekonomiese sekerheid in die groter munisipale aInnoea help bevorder.

Die munisipale kantoor van plaaslike ekonomiese ontwikkeli­ng doen ook uitstekend­e werk om investerin­g te bevorder, soos wat die tweelingso­oreenkoms met Denpasar in Indonesië kan getuig.”

Le Roux het afgesluit deur te sê dat ‘n ondersoek gedoen word na die moontlike ligging(s) van die buitelugre­klamebord(e) en die potensiaal vir die verhuring van reklamespa­sie aan die kommersiël­e mark. “Die uitkomste van dié ondersoeke sal aan die raad voorgelê word vir ‘n finale besluit.”

• Lees die ACDP se volledige persverkla­ring

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa