Mossel Bay Advertiser

Mandela Day

- Cornelle Carstens

Vir ‘n ouma van Danabaai is Mandeladag ‘n besonderse dag. Nie net omdat haar kleinseun sy eerste verjaarsda­g gevier het nie, maar omdat sy boonop die voorreg gehad het om dié ikoon tydens die amptelike opening van ‘n nuwe brug by die Beitbruggr­enspos in 1995 af te neem.

Frieda van der Walt, ‘n fotograaf sedert haar jong dae, het 16 jaar op Musina gewoon. Toe oud-president Nelson Mandela en sy eweknie van Zimbabwe, wyle Robert Mugabe op 24 November 1995 die nuwe brug open, het doeane- en aksynspers­oneel Frieda gevra om as hulle amptelike fotograaf op te tree.

Die ooreenkoms was egter dat sy al haar films aan doeane en aksyns sou verkoop. Min sou sy kon dink dat haar kleinseun, Dian jare later sy verjaarsda­g met die Vader van die nasie, Madiba sou deel. Volgens Frieda is Dian, wat met 'n gesplete lip- en verhemelte gebore is se blote "hierwees" 'n wonderwerk. Dié verskynsel kom voor in ongeveer een uit 700 geboortes. Dit kom voor in alle etniese groepe en by beide seuns en meisies.

'n Mensemens

“Daardie tyd het ek nog 'n filmkamera gehad en die doeanepers­oneel het my negatiewe ook gekoop, so ek het geen bewys dat ek hom afgeneem het nie.”

Frieda vertel dat sy amper in groot moeilikhei­d was toe sy een van haar foto’s neem.

“Ek het ‘n foto geneem waar hy op die verhoog voor ‘n klomp gaste 'n toespraak maak. Toe kom daar een van sy wagte en wou my kamera vat. Ek mag glo nie ‘n foto geneem het terwyl hy ‘n toespraak doen nie. Die rede is dat as hy ‘n toespraak hou en die flitse gaan af, verblind dit hom. Ek het dit nie geweet nie.”

Hierna, vertel Frieda, is hulle na ‘n 'n privaat tent, waar sy saam met die joernalist­e was wat met Mandela 'n onderhoud gevoer het terwyl sy die foto’s moes neem.

Haar ervaring van Nelson Mandela was dat hy ‘n mensemens was. “Hoewel hy wagte rondom hom gehad het, het hy nog steeds uitgereik en met jou gesels en altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad. Met die private onderhoud in die tent, was hy só vriendelik. Hy het met ons gesels asof ons jarelange vriende is. In Afrikaans en Engels. Hy het my hand geskud en selfs met my het hy in Afrikaans gesels al was ek net die fotograaf. Ek sal dit nooit vergeet nie.”

Wat wyle Robert Mugabe betref, was hy volgens Frieda maar stug. “Hy het die heeltyd wagte om hom gehad. Ons kon nie naby hom kom nie.”

• Lees meer oor Dian se uitsonderl­ike reis by www.mosselbaya­dvertiser.com

 ??  ??
 ??  ?? Frieda van der Walt van Danabaai en haar kleinseun, Dian wat sy verjaarsda­g met Nelson Mandela deel. Hy is vandag een jaar oud.
Frieda van der Walt van Danabaai en haar kleinseun, Dian wat sy verjaarsda­g met Nelson Mandela deel. Hy is vandag een jaar oud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa