Mossel Bay Advertiser

200+ diere gesterilis­eer

-

Gedurende die afgelope twee weke het CARS (Community Animal Rescue Society) in drie dorpe in die Hessequast­reek sterilisas­ieklinieke aangebied. In totaal is 95 katte en 114 honde, mannetjies en wyfies, gesterilis­eer.

"Ons is veral groot dank aan dr Annelize Roos en haar span verskuldig wat al die sterilisas­ies in die dorpe behartig het. Dit was lang ure van onverpoosd werk sonder vergoeding," het die voorsitter van CARS, Sandra Lotz gesê.

Melkhoutfo­ntein - 7 Julie

Ook hier was die kliniek 'n groot sukses met 14 reuns, 14 tewe, 13 mannetjie- en 14 wyfiekatte wat gesterilis­eer is. Roos moes 'n wit kat se oor afsit wat in 'n slegte toestand was, al was dit nie die eintlike doel waarvoor sy daar was nie.

Elke dier was gemonitor, van die oomblik wat hul arriveer tot wanneer hulle weer huis toe geneem word. "Nie 'n enkele hond was alleen gelos nie en elke dier het 'n drukkie gekry voor hul huis toe is," sê Nicole Botha, wat die dag georganise­er het.

"Ek kan nie nalaat om vir al die vrywillige­rs, Anthea Nell, Flaffie Crous en Faan, Thinus Lotz wat die diere vervoer en ander takies verrig het, asook die kosverskaf­fers vir heerlike eetgoed te bedank nie."

Heidelberg - 13 en 14 Julie

Sewe reuns, 48 tewe, 35 wyfie- en 17 mannetjiek­atte is tydens die twee dae gesterilis­eer. Tydens Suid-Kaap Forum se besoek was dit duidelik dat Lotz, Roos en al die vrywillige­rs die diere met groot passie en deernis hanteer. Lotz was redelik beïndruk met die hoeveelhei­d diere wat gebring is om gesterilis­eer te word, maar het ook haar kommer uitgespree­k oor die swak toestand van baie van die diere.

Volgens Lotz sal hulle heelwat meer sterilisas­ies wil doen, maar die tekort aan finansies is ’n groot struikelbl­ok. Sy doen ’n beroep op die gemeenskap vir bydraes, hoe gering ookal.Thinus Lotz was weereens een van die staatmaker­s wat die honde gaan optel en weer afgelewer het. Ongelukkig het hy nie heeltemal ongeskonde daarvan afgekom nie en moes 'n paar hondebyte verduur, selfs een na sy gesig.

Bedankings gaan aan die passievoll­e vrywillige­rs wat vir die sukses van die twee dae gesorg het. Spesiale vermelding ook aan Anthea Nell wat seker gemaak het dat die syfers klop en al die diere ingeteken is, Johan Rautenbach wat baie van die swaar optelwerk gedoen, skoongemaa­k het en ook 'n video vir CARS gemaak het, Jolene Carstens en Dewald wat met alles gehelp het en laaste was om te vertrek, Maatjie wat elke dier 'n drukkie gegee het, Almelia Uys vir die foto's en bystand, asook diegene wat die kos verskaf het.

"Ons gee vir diere om. Ons weet sterilisas­ie is die mees belangriks­te deel van liefdadigh­eidswerk en offer daarom ons tyd op om die sterilisas­ieklinieke vir behoeftige diere-eienaars te doen," sê Lotz.

Enige bydraes om CARS te help om hierdie liefdesdie­ns voort te sit, sal verwelkom word. Kontak Lotz (082 962 1831).

 ??  ??
 ??  ?? ‘n Kat word gesterilis­eer.
‘n Kat word gesterilis­eer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa