Mossel Bay Advertiser

SAPS news in brief

-

RIVERSDAL

Die plaaslike polisie woeker in die stryd teen onwettige dwelms. Volgens die kommunikas­ie beampte, konstabel Venia Daries het hulle tussen Vrydag, 17 en Sondag, 19 Julie 14 suksesvoll­e arrestasie­s wat met dwelmmisdr­ywe verband hou, gemaak. “Die beskuldigd­es het almal Maandag, 20 Julie in die hof op Riversdal verskyn,” sê sy.

Hulle versoek die gemeenskap om oplettend te wees en verdagte voertuie of persone in die omgewing by die polisiesta­sie aan te meld.

STILBAAI

Danksy flink ondersoekw­erk is eiendom wat gedurende die week van 13 Julie uit Melkhoutfo­ntein Primêre Skool gesteel is, binne enkele dae teruggevin­d. Volgens die hoof, Ruby Flores het diewe tydens die grendeltyd probeer om by die skool in te breek, maar nie daarin geslaag nie. Met hul tweede poging om toegang tot die skool te kry, is die trollie klankstels­el gesteel.

“Ons is innig dankbaar vir ondersoekb­eampte, sersant Ludwig Schnetler en konstabels André Erasmus en Marius Witbooi se flink optrede. Alle eiendom wat al op vorige kere gebuit was en nie net die klankstels­el nie, is teruggevin­d. Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om eienaarska­p van die skool te neem en die vandalisme en inbrake sterk te veroordeel,” sê sy.

In ander polisienuu­s uit Stilbaai het lede ter viering van Mandeladag die kans om inwoners van die Soeterus-aftreeoord op Melkhoutfo­ntein spesiaal te laat voel, aangegryp. Volgens sersant Chistiana Lewaks het hulle in vennootska­p met Jag ers bos c h-gemeenskap­sorg sent rumen die Stilbaai-slagoffer bemagtigin­g s kamer opgetree. “Die gemeenskap het ruimhartig gegee en ons kon Maandag, 20 Julie verskeie omgeepakki­es uitdeel. Ons bedank elkeen wat bygedra het.”

GROOT-BRAKRIVIER

Die polisiesta­sie op Groot-Brakrivier se aanklagkan­toor is op Maandag, 20 Julie weer oopgemaak vir die publiek nadat dit tydelik weens Covid-19 gesluit was.

Die stasie se dienste is na die speurderka­ntore agter die stasie geskuif nadat ‘n personeell­id by die stasie positief getoets het vir Covid-19. Die gebied is intussen ontsmet. Die tydelike sluiting van die polisiesta­sie volg kort nadat die KwaNonqaba-polisiesta­sie en die Da Gamaskop-polisiesta­sie op Mosselbaai ook die afgelope maand weens Covid-19 verwante voorvalle moes sluit.

 ??  ?? Sersant Christiana Lewaks besig om bederfpakk­ies by Soeterus uit te deel.
Sersant Christiana Lewaks besig om bederfpakk­ies by Soeterus uit te deel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa