Mossel Bay Advertiser

Wees altyd waaksaam

-

Pieter le Roux, Danabaai:

My vrou se handsak is 'n tyd gelede in 'n klerewinke­l in die Mosselbaai Mall gesteel na een van die diewe haar kop vermoedeli­k vasgehou en in die rakke ingedruk het, terwyl die ander dief haar handsak uit die winkeltrol­lie gevat het.

Alta (74) het op 12 Junie eers vinnig 'n draai gemaak by die Food Lover's Market in die sentrum en het die sakke met vrugte en groente bo-op haar handsak binne die winkeltrol­lie gesit. Daarna het sy geld gaan trek by die tellermasj­ien en na die klerewinke­l, Pick n Pay Clothing gegaan om verder inkopies te doen.

Hoewel ek by die huis was en nie saam met my vrou nie, het ek later alles op die sentrum se geslote baan-kameras gesien. Daar was vyf persone in die winkel. Twee werknemers, my vrou en twee mans waarvan een in die volgende gang van my vrou af was. Een van die diewe het Alta van agter genader en haar kop vasgedruk tussen een van die rakke terwyl die ander een die handsak uit die winkeltrol­lie gegryp het. Sy was so geskok oor wat gebeur het dat sy eers later besef het dat haar handsak en beursie vermis is. Albei is van egte volstruisl­eer en het haar identiteit­sdokument, bankkaarte, bestuursli­sensie, motorsleut­els, selfoon en 'n kontantbed­rag van R2 300 bevat. Alta is terug na Pick n Pay Clothing waar hulle haar geleenthei­d gegee het om my skakel.

Graag bedank ek Bidvest Protea Coinsekuri­teit se Edwin Vaaltuin wat die teenwoordi­gheid van gees gehad het om 'n wielklem aan Alta se voertuig te sit, sodat die diewe nie met haar sleutels wat in haar handsak was, haar voertuig kon steel nie.

Toe begin die ergste van die hele storie. Ons is na binnelands­e sake om aansoek te doen vir haar ID en hulle kon nie haar vingerafdr­ukke geskandeer kry nie. Hulle het net vir haar gesê "you can go home and come another day".

Daarna is ons na die lisensieka­ntore waar ons flink diens ontvang het. Hulle het met 'n ou ID van Alta van 1967 namens haar by binnelands­e sake aansoek gedoen vir haar ID-dokument. Alta het 'n tydelike rybewys en ID-dokument ontvang. Met Pick n Pay se areabestuu­rder, Leon Viviers, kon ons egter nie regkom nie. Hoewel Alta baie geskok was en medikasie moes kry na die voorval, gaan dit nou beter.

Pick n Pay Clothing lewer kommentaar:

Janine Caradonna, woordvoerd­er vir die winkelgroe­p het in 'n verklaring aan die Advertiser die voorval bevestig en gesê die personeel het Alta bygestaan nadat sy hulle ingelig het van die diefstal. Volgens Caradonna het die winkel se personeel Alta se man, Pieter asook die polisie gekontak. Die winkelgroe­p beveel egter aan dat kliënte nie hul persoonlik­e besittings in winkeltrol­lies sit nie. 'n Saak van diefstal is by die Mosselbaai-polisie geopen en die saak word ondersoek.

Volgens Pieter is die twee mans ses dae na die voorval met behulp van Edwin Vaaltuin weer by die Mosselbaai Mall opgemerk en vasgetrek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa