Mossel Bay Advertiser

Telkom stel kliënt op Riversdal erg teleur

-

Dit spyt ons om te verneem dat een van ons pasiënte ‘n negatiewe ervaring gehad het by ons fasiliteit. As gevolg van Covid-19 regulasies kan die kliniek ongelukkig net ‘n aantal mense inlaat op ‘n slag.

Op die spesifieke dag was die kliniek baie besig en was daar meer as een noodgeval. Dit beteken dan, dat op sekere dae wanneer die kliniek baie besig is, dat daar somtyds mense buite sal moet wag. As ‘n reël gee ons voorkeur aan bejaardes en siek kinders. Ons sou graag die afdak gedeelteli­k wou toe bou, maar ons begroting laat dit nie tans toe nie.

Ons herinner die publiek om enige ongelukkig­heid dadelik onder die fasiliteit­sbestuurde­r se aandag te bring.

My foon is op 22 Januarie by Telkom as foutief gerapporte­er. Ek kon geen oproepe maak of ontvang nie. Op 3 Februarie is dit weer gerapporte­er, maar daar was steeds geen reaksie van Telkom af nie.

Op 6, 11, 13, 17 en 19 Februarie het ek die fout weer gerapporte­er.

Op 13 Maart het ek na die Telkom Direct-kantoor in die Langenberg Mall op Mosselbaai gegaan en ure lank in 'n lang ry gestaan. Toe ek uiteindeli­k by die toonbank kom, het ek vir die man die bewyse van al die aanmelding­s sedert 22 Januarie gegee. Sy woorde aan my was: "Ek het 'n vriend wat in Riversdal woon en vir Telkom werk. Ek gaan hom bel en vra om na u foon te kom kyk." Die vriend het ook tot dusver nog glad nie te voorskyn gekom nie.

Ek het gereeld my telefoonre­kening voor die sperdatum betaal. Ek het selfs reëlings getref dat dit betyds betaal word terwyl ek met vakansie oorsee was.

Op 14 Mei het iemand van Telkom met 'n ander telefoon by my huis aangekom en gesê ek moet dit inprop.

Ek dink dis treurig van hulle. Ek is lus om die foon buite die deur te sit en Telkom te bel om dit te kom haal, want dit gebruik net krag waarvoor ek moet betaal.

Ek is jammer om dit te sê, maar ek gaan nie toekomstig­e Telkomreke­ninge betaal nie. Genoeg is genoeg.

Volgens mediaskake­lpersoon Mooketsi Mocumi is hulle nie bewus van die probleem nie en is besig om ondersoek in te stel na aanleiding van Suid-Kaap Forum se navraag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa