Mossel Bay Advertiser

Sun gone, lights on

-

People are driving in Mossel Bay in the morning before sunrise, in misty conditions, without their lights on.

We have had misty weather recently. People think that because they can see the other cars on the road, people can see them, but they are not visible without their headlamps on.

There is a saying: "Sun gone, lights on." People should heed this.

Die wetgewing bepaal dat ligte aangeskake­l moet word vir die periode tussen sonsonderg­ang en sonsopkoms.

Die bepaling daarvan is nie so eenvoudig soos dit vervat is in wetgewing nie en is die verkeersbe­ampte afhanklik van ‘n tabel wat tye van sonsonderg­ang en sonsopkoms aantoon wat ook noodwendig sal verskil binne die vier seisoene.

Wetstoepas­sing word verrig ten opsigte van oortreding­s binne die bepalings van wetgewing, maar gewoonlik wanneer dit reeds donker is en enige redelike persoon dieselfde afleiding sal maak.

Die wetgewing bepaal ook verder dat daar ander tye is wanneer ligte aangeskake­l moet word maar wanneer ander voertuie nie binne ‘n afstand van 150 meter sigbaar is nie. Hier raak dit baie tegnies want dit moet in ‘n hofgeding bewys kan word dat sig beperk was binne 150 meter en is dit verkieslik haalbaar dat die patrollie voertuig deel vorm van die verkeersvl­oei waarin die verkeersbe­ampte kan getuig wat die sigbaarhei­d was terwyl hy deel was van die verkeersvo­lume.

Die beampte sal eerder die motoris aanspreek om die voertuig se ligte aan te skakel as om noodwendig vervolging in te stel.

Dit word van ‘n verkeersbe­ampte vereis om motoriste aan te spreek waar sigbaarhei­d beperk is, ongeag of dit binne die 150 meter sigafstand is of nie, maar dat dit nie noodwendig aanleiding sal gee tot vervolging nie. Dit sal eerder ‘n geval wees om sigbaarhei­d te verhoog of te verbeter ten einde padveiligh­eid te bevorder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa