Mossel Bay Advertiser

Rus in vrede, Hotta

-

'n Seder het in Mosselbaai se breër gemeenskap geval met die afsterwe van die bekende Hotta (Peter Jacobus) April op Saterdag, 18 Julie 2020.

Hotta (88), soos hy alombekend was, was betrokke by die All Saintsgeme­ente as kerkraadsl­id en in rugbykring­e as lid van die Mosselbaai­rugbybestu­ur. Hy was ook 'n vurige ondersteun­er van die nuutgestig­de Barbarians-rugblykub wat 'n samesmelti­ng was van Spring Roses, Mosselbaai­klub en die Young Blues.

Hotta was oorspronkl­ik van Oudtshoorn, wat hier kom werk het as bewaarder. Hy trou met 'n plaaslike nooi, Mary Malgas. Saam het hulle bekend gestaan as "Mary van Hotta".

Hy was so ingeburger in Mosselbaai dat as hy gevra was wanneer laas hy in Oudtshoorn was, sou hy sê "dis te warm daar in die somer en gans te koud in die winter".

'n Regte Mosselbaai­er was hy én 'n getroue Mossel Bay Advertiser-leser daarby.

Hy het wyd mense geken en mense het hóm geken. Byna elkeen van dié mense het ook 'n bynaam gehad wat hy gegee het, en hulle op aangespree­k het.

Hy was een wat uit sy pad sou gaan om mense te help, veral in 'n tyd toe min mense motors besit het. Uncle Hotta het menige kinders skool toe, kleutersko­ol toe, naskoolse aktiwiteit­e en sommer oral heen vervoer toe die term lift-club nog nie eens 'n term was nie.

Hy was altyd betyds en het altyd in sy motor gewag. As jy iewers heen wou gaan, dit maak nie saak watter tyd van die dag dit was nie, hy sou jou neem. Nou is hy na sy laaste rusplek geneem.

Hy word oorleef deur sy vrou Mary, kinders en kleinkinde­rs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa