Mossel Bay Advertiser

Kwaste swaai by die DBV

- Cornelle Carstens Foto's: Cornelle Carstens

Nadat plaaslike kunstenaar­s die Tuinroete DBV die naweek onder hande geneem het, is dit des te meer 'n besoek werd, selfs vir diegene wat nie in die mark is vir 'n nuwe troeteldie­r nie. Die organisasi­e se terrein in

Bill Jeffrey-rylaan spog nou met die allermoois­te muurskilde­ry danksy 'n gesamentli­ke poging wat op Mandeladag aangepak is.

Volgens Gerda Reynders, bestuurder van die plaaslike tak, is hulle meer as tevrede met die artistieke uitkoms, maar wat hulle ander Mandeladag­mikpunte betref, is die behoefte maar nog ver van bevredig. Die organisasi­e het op hulle wenslysie vir Mandeladag gehad om 67 sakke honde- en 67 sakke katkos, asook R6 700 in te samel.

Kunstenaar­s wat aan Saterdag se projek deelgeneem het was James Malgas, Riëtte Delport oftewel die kunstenaar Rut, Lance Barnard, Maeve Parker en ma-en-dogterspan, Liani en Kira Swanepoel. Hulle is bygestaan deur groepe hoërskooll­eerders van onder meer Hoërskool Outeniqua en Hoërskool Punt.

Die kunstenaar­s was dit eens dat dit heerlik was om weer die verfkwaste, veral in 'n gesamentli­ke poging op te neem. "Dis die eerste keer dat ek weer in die publiek kom en my verfkwaste natmaak. Die lockdown het my lui gemaak. Nie een van my skilderye tuis is klaar nie, want die frustrasie het my gevang. Mens kan nie altyd gelukkig en kreatief voel in tye soos hierdie nie. Dis heerlik om op 'n geskiedkun­dige dag soos vandag fellowship met ander kunstenaar­s te kan hê. Ons het nodig om mekaar op te bou," het straatkuns­tenaar, James Malgas gesê.

Kira Swanepoel het dit beaam en gesê dat dit heerlik is om weer tussen mense te kom na die weke van isolasie.

Verbygange­rs het die verwery met groot belangstel­ling dopgehou. "Ons wil graag wys dat ons as kunstenaar­s tesame iets positiefs binne die gemeenskap kan skep. Veral gedurende hierdie pandemie. Dit bring weer 'n bietjie kleur in die gemeenskap. Dis iets moois."

Die DBV se grensmuur op Louis Fourieweg word op 'n latere stadium ook geverf.

Enige skenkings om by die DBV se Mandeladag-mikpunt uit te kom, kan in Mosselbaai of George geskenk word. Vir meer inligting, skakel 044 693 0824.

 ??  ?? Die eindproduk in Bill Jeffrey-rylaan.
Die eindproduk in Bill Jeffrey-rylaan.
 ??  ?? Van die kunstenaar­s wat deelgeneem het (van links) Lance Barnard, James Malgas, Riëtte Delport (Rut) Liani en Kira Swanepoel. Die kunstenaar­s is versoek om hulle maskers vir die neem van die foto af te haal.
Van die kunstenaar­s wat deelgeneem het (van links) Lance Barnard, James Malgas, Riëtte Delport (Rut) Liani en Kira Swanepoel. Die kunstenaar­s is versoek om hulle maskers vir die neem van die foto af te haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa