Mossel Bay Advertiser

Marzaan se duiwe vlieg hoog

- Jannie du Plessis

As jong meisie was haar liefde vir diere haar baie na aan die hart en in haar laerskoold­ae het dit inderdaad 'n buitengewo­ne wending geneem.

Marzaan van der Linde (14), oud-skolier van Laerskool Park se liefde vir diere is deur die opsigter van Laerskool Park, Wessel van Dyk geprikkel nadat hy met die skool se toestemmin­g om posduiwe begin aanhou. Sodoende het hy by die skool die leerders onderrig in die versorging en ander aspekte van duiwesport.

Marzaan het gereeld by die hokke na die duiwe gaan kyk en dit was nie lank nie, of die gogga het gebyt. Wessel het in 2017 besluit om haar as 'n juniorlid saam met hom te laat vlieg. Met tans 30 duiwe onder haar vlerk, het Marzaan as junior lid van die Mosselbaai-posduifklu­b reeds verskeie prestasies met haar duiwe ingepalm.

Gedurende die 2019 Eden Posduiffed­erasie se jaarlikse funksie het sy 15 toekenning­s ontvang, waaronder 'n eerste plek in die kategorie junior single bird (meeste eerste plekke gevlieg). Haar duiwe het vyf eerste plekke, drie tweede plekke en ses derde plekke gevlieg. Sy is ook genooi na die SANPO-funksie in Maart vanjaar waar sy weer 'n toekenning ontvang het.

Buiten die wedvlugdui­we is sy ook 'n kranige atleet. Marzaan het in 2019 en vanjaar haar Eden-kleure in skyfwerp verower. Sy is baie lief vir die natuur en haar stokperdji­e is fotografie. Marzaan is tans 'n graad 8-leerder by Hoërskool Punt en sê dat sy na skool wil studeer om 'n marienebio­loog te word.

 ??  ??
 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Marzaan van der Linde by die duiwehokke by Laerskool Park waar sy haar eie 30 posduiwe aanhou.
Foto: Jannie du Plessis Marzaan van der Linde by die duiwehokke by Laerskool Park waar sy haar eie 30 posduiwe aanhou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa