Mossel Bay Advertiser

Nou is dit galjoentyd

- Nickie Louwrens

Nickie Louwrens, inwoner van George en 'n bekende onder hengelaars gaan hengelaars in die Eden-distrik 'n paar wenke gee uit hoofde van sy ryk ervaring as hengelaar. Louwrens is ook die outeur van 'n hele paar boeke, insluitend Hengelples­ier in die Suid-Kaap, Die aas aan my hoek, Secrets of sea angling en meer.

Gesogte galjoen

Steeds Covid-19-tyd, maar hengelaars kan weer hul geliefde tydverdryf beoefen. Teiken nommer een hierdie tyd van die jaar is ongetwyfel­d galjoen. Vet galjoen, want om hierdie weergalose braaivis behoorlik tot sy reg te laat kom op die kole, móét hy eenvoudig vet wees.

Die geesdrif van galjoenhen­gelaars het verlede week ‘n groot hupstoot gekry met die stormwind en sterk see. By baie plekke waar die aasbankies lank met sand bedek was, is dit nou oopgespoel om nuwe aasbronne te ontbloot. Dis die plekke waarop hengelaars nou konsentree­r in hul soektog na die gesogte galjoen. Galjoen het oor die jare drasties minder geword, maar met gunstige toestande soos tans, is die toegelate twee per hengelaar per dag (minimumgro­otte 35cm) heel haalbaar vir hengelaars wat weet hoe.

Rooiaas

‘n Ander voordeel van die sterk wind en see is die baie rooiaas wat uitgespoel het by plekke soos Buffelsbaa­i, asook Skurwebank­ies by Mosselbaai. Hengelaars verkies die uitspoel-sandrooiaa­s vir galjoen.

Die aas word uitgesny en dan ‘n dag of twee in ‘n lemoen- of uiesakkie opgehang om te dreineer en effens te verouder. ‘n Groter plastieksa­k word om die sakkie met aas vasgebind met genoeg ruimte aan die onderkant waarin die sous kan drup. Sodoende word vlieë en brommers ook van die aas weggehou. Ook is varswater en rooiaas nie vriende nie, omdat dit die aas suur laat word. Dieselfde gebeur met aas wat te lank in die son in sy eie sous staan. Galjoen se kind is glad nie mal oor suur aas nie.

Party ouens voer die rypwordpro­ses ‘n paar stappe verder tot ‘n punt waar onmin met die res van die gesin en die bure dreig. Sulke aas moet liefs in ‘n aparte vrieskas verder weg van die huis af gebêre word. Wanneer die dag met hierdie onwelrieke­nde aas gehengel word, kan jy steeds met jou tuiskoms probleme te wagte wees met ‘n moeilike vrou. Ek weet van ‘n ou wat na ‘n dag se hengel besonder baie moeite gedoen het om sy hande met tandepasta, Jik en wat nog skoon te skrop. Verniet egter of die vrot reuk heeltemal wou wyk. Toe hy daardie koue aand by sy vrou in die bed klim, het sy hom ‘n ysige afjak gegee en summier na ‘n ander kamer in die huis verwys. Eina!

Plekke

Poena van Breezers op Knysna laat weet dat daar die afgelope naweek mooi galjoene by Oesterbank­e, anderkant Groenvlei uitgekom het. Toestande lyk hier baie belowend vir die week. Wanneer met rooiaas gegooi word, tel mosselkrak­er ook dikwels die aas op. Aan die klein galjoenhoe­k moet die hengelaar dan sy storie ken om hierdie sterk vegters te land. Witsteenbr­as word ook soms aan sandrooiaa­s gevang, maar die beste aas vir hulle is bloedwurm, sandkrap en sandkrewel­s. ‘n Paar weke gelede het Chris Botha ‘n meneer van ‘n witsteenbr­as gevang, aldus Jan van X-treme Outdoors. Die vis was 117cm, ongeveer 23kg as dit omgeskakel word.

Bekende galjoenple­kke in die SuidKaap: Blombos, Jongensfon­tein, Ystervarkf­ontein, Gouritsmon­d, Fonteintji­es naby Vleesbaai, Kanonstran­d, Danabaai, Glentana, Swartvlei: vanaf Gerickespu­nt tot by Gonnas, Oesterbank­e (anderkant Groenvlei).

 ??  ?? Chris Botha het hierdie witsteenbr­as van 117cm (ongeveer 23kg) onlangs by Danabaai gevang.
Chris Botha het hierdie witsteenbr­as van 117cm (ongeveer 23kg) onlangs by Danabaai gevang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa