Mossel Bay Advertiser

Wees verantwoor­delik, sê Riddles

-

Hessequa se uitvoerend­e burgemeest­er, Grant Riddles sê hy is bekommerd oor die manier waarop sommige inwoners tydens die Covid-19-pandemie optree.

Hy pleit by almal in die groter Hessequa-gebied, wat besoekers insluit, om Covid-19 in 'n ernstige lig te beskou. "Die koronaviru­s is 'n werklikhei­d. Ons begin nou al meer ervaar dat die virus nie net 'n statistiek op papier is nie, maar dat ons familie, vriende en kollegas ook positief gediagnose­er word."

Volgens Riddles is hy besorg oor die toenemende aantal bevestigde gevalle in die Hessequa munisipale gebied. "Wanneer ons na die huidige toename kyk, wys dit duidelik dat nie almal hulle samewerkin­g gee nie."

Hy versoek inwoners om hul gedragspat­roon te verander, want dis die enigste manier om die verspreidi­ng van Covid-19 te bekamp. "Was jou hande vir ten minste 20 sekondes gereeld met seep of 'n handreinig­er met 'n alkoholbas­is. Handhaaf 'n persoonlik­e afstand van ten minste 1.5 meter van ander mense af en dra altyd 'n gesigmaske­r wanneer jy in die openbaar is."

Hy maan verder ouers en oppassers om te sorg dat kinders nie onnodig hul huise verlaat nie. "Hou hulle tuis en neem verantwoor­delikheid vir jou gesin se gesondheid en veiligheid."

Riddles het benadruk Hessequamu­nisipalite­it is tot die uitwissing van die koronaviru­s verbind. "Ons sal alle moontlike stappe neem om die regering te ondersteun om ons gemeenskap­pe veilig te hou."

 ??  ?? Uitvoerend­e burgemeest­er van Hessequa, Grant Riddles
Uitvoerend­e burgemeest­er van Hessequa, Grant Riddles

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa