Mossel Bay Advertiser

Vrae oor vesel-internet

-

'n Inwoner van Mosselbaai het by die Mossel Bay Advertiser navrae gerig oor veselinter­net wat eersdaags glo in die omgewing beskikbaar sal wees: "Ons sien slote word gegrawe en kabels word gelê, maar almal met wie jy gesels spekuleer net oor wanneer dit op 'n punt gaan kom waar plaaslike inwoners daarvan gebruik kan maak..."

Die Advertiser het navrae gerig en dit blyk dat die vesel-internet deur verskillen­de privaat besighede geïnstalle­er word. Die inligting wat bekom kon word is egter vaag. Het ons lesers dalk meer antwoorde en inligting? Stuur 'n e-pos na louise@ groupedito­rs.co.za of 'n boodskap na 072 599 8533.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa