Mossel Bay Advertiser

Heidelberg­polisiesta­sie tydelik toe

-

Heidelberg-polisiesta­sie is ook deur die Covid-19 pandemie geraak en is Woensdagmi­ddag, 29 Julie afgebaken met toegang vanaf die agterkant.

Die stap volg nadat 'n personeell­id positief getoets is. Volgens brigadier Novela Potelwa word die stasie nou ontsmet. Dienslewer­ing sal nie hierdeur beïnvloed word nie en die publiek word gevra om van die Krigestraa­tingang gebruik te maak om toegang te verkry.

Alle dienste sal Vrydag, 31 Julie weer hervat word. Vir enige navrae, skakel 028 722 1910.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa