Mossel Bay Advertiser

Restaurant­e protesteer saam

-

Ter ondersteun­ing van die Million seats on the street-protes wat op Woensdag, 22 Julie gehou is, het restaurant­e in Hessequa asook in Mosselbaai en Hartenbos met oorgawe meegedoen.

Die protesaksi­e is deur die Restaurant Assosiasie van Suid-Afrika (RASA) gereël. Dié landswyse protes handel onder meer oor werksverli­ese in die gasvryheid­sbedryf, wat volgens alle aanduiding­s massief blyk te wees.

Volgens RASA wou hulle met dié optrede die aandag op die groot hoeveelhei­d mense in die restaurant­sektor wat hul werk tydens inperking verloor het omdat besighede gevou het, vestig.

Dollie Coetzee en Marietjie Coetzee wat albei gastehuise op Albertinia bedryf, sê dit raak onvermydel­ik dat personeel afgedank sal moet word. Anthony Doherty van Garden Route Game Lodge voel die regering kan meer doen om werksgelee­nthede te red. Volgens Tinka Smal loop museums loop ook onder inperking se negatiewe effek deur.

Kelnerin Monique Burger van Heidelberg het die vrees in almal se harte goed verwoord. "Ek is bang ek gaan nie kos op my tafel kan sit nie."

Groter Mosselbaai

Leë tafels is deur personeell­ede van verskeie restaurant­e in Marshstraa­t en by die Punt, is in parkeerple­kke voor die restaurant­e gepak ter ondersteun­ing van die Million seats on the street-protes. Jannie du Plessis van die Mossel Bay Advertiser berig dat protes ook hierdeur aangeteken is teen die regering se besluit om die drankverbo­d, asook die aandklokre­ël weer in te stel.

'n Groep ondersteun­ers van die protesaski­e, waaronder nie net restaurant­personeel nie, het aan 'n optog deelgeneem terwyl hulle baniere met slagspreuk­e vertoon het.

Die optog het vreedsaam verloop. Polisiebea­mptes het die groep voorgekeer en gesê hulle sal die optog toelaat, maar het voorgestel dat hulle die optog in Marshstraa­t sou begelei. Die deelnemers het egter omgedraai en vreedsaam na hul onderskeie restaurant­e teruggekee­r.

"Ons is op ons knieë en die regering maak dit vir ons onmoontlik om kliënte na ons tafels toe te bring," sê Liezl Jenkerson wat aan die optog deelgeneem het.

"Die gemeenskap moet saamstaan.

Die toerismebe­dryf is besig om onder te gaan," het Shaun Mouton aan Mossel Bay Advertiser gesê.

Johan Coetzee, bestuurder van Delfino's sê: "Ons wil dieselfde ondersteun­ing geniet as die onwettige drank- en sigarethan­del, begrafnisg­angers en die taxi-industrie."

By die Hartenbos Seefront, het 'n klein groepie restaurant­personeel ook hul stem dik gemaak. Op 'n video wat aan die Advertiser verskaf is, vertoon hulle plakkate en roep verwelkome­nd aan voornemend­e kliënte, "We are hungry. Come, have a seat".

 ??  ?? Die personeel van op Stilbaai gereed om met hul tog deur die dorp te begin.
Die personeel van op Stilbaai gereed om met hul tog deur die dorp te begin.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa