Mossel Bay Advertiser

Vrou deel nare ondervindi­ng van koronaviru­s

- Mariska Visagie

'n Werknemer van 'n kruidernie­rswinkel op Albertinia, is met die gevreesde koronaviru­s, Covid-19 gediagnose­er.

Michelle Spies, korrespond­ent vir Suid-Kaap Forum is met Covid-19 gediagnose­er en het oor haar onbenydens­waardige ervaring gesels. Volgens haar weet sy nie hoe sy die koronaviru­s opgedoen het nie, omdat sy met die publiek werk en daar ook kliënte uit ander streke by die winkel waar sy werk, inkopies doen.

Wat was jou simptome?

Naarheid. My smaaksintu­ig was deurmekaar. Melkproduk­te het suur geproe. Daar was ook 'n drukking in my kop en my eetlus was weg. Ek kon nie vloeistof inneem nie.

Hoe het jy jou familie beskerm?

Ek het myself eenkant gehou.

Boonop het ek twee maal ‘n dag gestort en in 'n aparte vertrek gebly.

Waar het jy jou laat toets?

Ek het Maandag, 6 Julie kliniek toe gegaan om getoets te word. Dit is wel baie ongemaklik, maar die moeite werd om uit te vind of jy positief of negatief is. Hulle druk ‘n lang oorstokkie in jou neus. My koors was 37.9.

Het jy gedurende die kwarantydp­eriode die voorgeskre­we veiligheid­smaatreëls toegepas?

Ja, wanneer ek noodgedwon­ge tussen my familie moes beweeg.

Wat was die publiek se reaksie toe hulle uitvind van jou diagnose, die self-isolasie en jou kwarantyn?

Die publiek was baie onregverdi­g teenoor my, asook die res van die positiewe gevalle by my werk. Selfs persoonlik­e kennisse het so opgetree. Hulle het my baie baie snaaks aangekyk en behandel. Na my twee weke van self-isolasie het ek by ‘n winkel ingestap, waar ‘n kassier my op en af gekyk en onwelkom laat voel het. Hoewel die toonbank tussen ons was, het sy steeds ‘n draai om die toonbank geloop en ‘n mens kon sien sy wou my nie regtig help nie. My vriendekri­ng het ook gekrimp sedert ek positief getoets het. Die voordeel hiervan is dat ek geleer het wie werklik vir my omgee.

Wat is jou gevoel oor jou Covid-19-ervaring?

Ek was baie emosioneel. Ek het ook baie alleen gevoel en my familie eenkant toe gestoot. Ek het regtig baie negatief gevoel.

Het jy 'n boodskap wat jy aan ander wil oordra?

My raad aan mense wat vriende of familie het wat positief getoets het, is om hulle by te staan. Jou optrede kan iemand se lewe negatief of positief beïnvloed. Mense hoef nie skaam te wees as hul positief getoets word nie.

Dit kan enigiemand oorkom. As jy negatief is, is dit goed, maar as as jy positief getoets sou word, is dit nog beter. Daar is ‘n spreekwoor­d wat lui: "Wat nie doodmaak nie, maak sterker.” Ons almal kan egter infeksie voorkom deur minder met mense in aanraking te kom en al die regulasies na te kom. En bly tuis as jy siek voel, want jy kan onwetend ook 'n draer wees en soddoende ander mense besmet.

 ?? Foto: Mariska Visagie ?? Michelle Spies dra haar boodskap oor.
Foto: Mariska Visagie Michelle Spies dra haar boodskap oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa