Mossel Bay Advertiser

Gestremdes se nood verlig

- Jannie du Plessis

Die afgelope Sondag, 26 Julie het sowat 30 gestremde persone in die Mosselbaai­omgewing by 'n projek deur die provinsial­e tak van DPSA (Department Public Service and Administra­tion), die El-Imdaad Foundation, asook plaaslike rolspelers, gebaat.

Patrick Saayman, plaaslike DPSAvoorsi­tter van ontwikkeli­ng en self 'n gestremde, het die verwelkomi­ng gedoen. Hy het almal vir hul bydraes bedank om die lewe vir gestremdes tydens die Covid-19pandemie makliker te maak deur kos op die tafel te sit en vir elkeen 'n warm kombers te gee.

DPSA se provinsial­e ondervoors­itter, Bongani Yamba het in sy toespraak gesê daar word altyd laaste aan gestremdes gedink. Volgens Yamba is die maatskapli­ke toelae wat hulle ontvang baie min. Hulle het, in vennootska­p met die Al Imdaad Foundation, besluit om gestremdes by te staan om 'n verskil vir die bejaardes te maak. Yamba het ook gesê die kospakkies is nie kos nie, maar liefde en dat hulle lief is vir elkeen van die gestremdes.

Die Al-Imdaad Foundation se provinsial­e projek-koördineer­der, Yusuf Rajah het aan die gestremdes verduideli­k dat Al-Imdaad in Arabies "die helpers" beteken. Hy het ook gesê dat 'n glimlag op gesigte baie meer as 'n dankie beteken.

Raadslid Niklaas Booisen het in sy beurt almal bedank wat bydraes gemaak het om die projek susksesvol te maak.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Lede van DPSA, die Al-Imdaad Foundation en gestremdes nadat kospakkies aan sowat 30 plaaslike gestremdes oorhandig is.
Foto: Jannie du Plessis Lede van DPSA, die Al-Imdaad Foundation en gestremdes nadat kospakkies aan sowat 30 plaaslike gestremdes oorhandig is.
 ??  ?? Swaar meganiese toerusting moes ingespan word om hierdie area op te ruim. LINKS: Die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee help met die skoonmaakp­roses.
Swaar meganiese toerusting moes ingespan word om hierdie area op te ruim. LINKS: Die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee help met die skoonmaakp­roses.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa