Mossel Bay Advertiser

Jeug bemagtig met geleenthed­e teen werklooshe­id

-

'n Groep jeugdiges het vandeeswee­k byeengekom om meer te hoor oor opleidings­moontlikhe­de wat hulle vir die arbeidsmar­k sal voorberei. Die groep, tussen die ouderdom van 18 en 30 jaar oud, sal volgens beplanning blootstell­ing kry aan noodhulp, brandbestr­yding, wetstoepas­sing en tuisversor­ging met die oog daarop om hulle op loopbane in hierdie velde voor te berei. Militêre veterane het ook aangebied om met die jongmense te kom gesels.

Volgens Adwin Saayman, wat die projek van stapel gestuur het, is die oogmerk om jongmense, wat tans tuis en werkloos sit tydens die Covid19-pandemie, hoop op 'n toekoms te gee. "Ons land is in 'n krisis en deur hierdie inisiatief, wil ons probeer om jongmense te motiveer om nie in sosiale euwels te verval nie. Indien ons hulle van basiese opleiding in bepaalde rigtings kan voorsien, is hulle meer gereed om die arbeidsmar­k te betree. Ons wil ook graag meer dissipline onder ons jongmense skep."

Saayman sê dat enigiemand hulle by die groep kan aansluit. Hy verteenwoo­rdig die Eden United People's Party, maar stel dit duidelik dat die projek nie verpolitis­eer moet word nie.

"Ons is oop vir almal wat hulp en rigting soek."

Vir meer inligting, kontak Adwin Saayman (071 780 8346).

 ??  ?? ‘n Loopbaanpr­aatjie is aan hierdie jongmense gebied om hulle vir die arbeidsmar­k voor te berei.
‘n Loopbaanpr­aatjie is aan hierdie jongmense gebied om hulle vir die arbeidsmar­k voor te berei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa