Mossel Bay Advertiser

Leerders in botsing beseer

-

Drie mense, onder wie twee leerders, is beseer toe 'n bussie op pad vanaf Melkhoutfo­ntein Primêre Skool teen 'n ander voertuig gebots het.

Volgens adjudant-offisier Morné D'Emiljo van Stilbaai-polisie het 'n trompop botsing op Donderdagm­iddag, 23 Julie op die Blikhuispa­d tussen Melkhoutfo­ntein en Gouritsmon­d plaasgevin­d. "Die botsing het ongeveer 13:10 gebeur en die oorsaak word tans ondersoek. Die bestuurder van die wit Toyota-minibus en twee jong kinders wat ten tye van die botsing in die voertuig was, is per ambulans na Riversdal-hospitaal vervoer."

'n Saak van roekelose en nalatige bestuur is geopen.

Volgens Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die Wes-Kaapse gesondheid­sdeparteme­nt was slegs die bestuurder en een van die kinders in die hospitaal opgeneem en albei is reeds ontslaan.

 ?? Foto: Heinrich Fortuin ?? Die bussie wat in die ongeluk betrokke was.
Foto: Heinrich Fortuin Die bussie wat in die ongeluk betrokke was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa