Mossel Bay Advertiser

Klou jou handsak styf vas

- Jannie du Plessis

Die gemeenskap word gemaan om op hulle hoede te wees vir opportunis­itiese misdaad aangesien die Covid-19-inperkings groot nood skep wat tot misdaad kan lei.

Só 'n geval het Woensdag, 22 Julie by een van die groot kettingwin­kels in Mosselbaai plaasgevin­d toe Theresa Diederick (62), inkopies gaan doen het. "Ek was by die groente- en vrugte-afdeling toe 'n man my nader en vra wat die prys van die avokado's is," vertel sy. Volgens Diederick was haar handsak in die boonste rakkie van die kruidenier­sware-trollie en sy het haar hand op die handsak gehou. Sy het 'n vrou hoor skree "he has taken something" waarna twee onbekende mans uit die winkel gehardloop het. Diedericks se beursie met al haar kaarte, identiteit­sdokument, bestuursli­sensie en 'n kontantbed­rag van sowat R300 was weg. "Gelukkig was my foon by my," sê sy.

Diedericks het aan Mossel Bay Advertiser gesê dat die bestuur van die winkel baie behulpsaam was. Hulle het dadelik op die sekuriteit­skameras gaan kyk en gesien dat een van die skelms haar beursie uit haar handsak gehaal het terwyl die ander haar aandag afgetrek het.

Hoewel 'n saak by die polisie aanhangig gemaak is, sê Diedericks dat dit 'n groot beslommern­is en frustrasie is om al die kaarte te stop en weer vir nuwes aansoek te doen. Sy waarsku almal om eerder hul handsakke by die huis of in die motor te los en net met 'n bankkaart of kontant in die hand inkopies te gaan doen.

 ??  ?? Indien iemand dalk hierdie man herken, kontak die Mosselbaai-polisiesta­sie.
Indien iemand dalk hierdie man herken, kontak die Mosselbaai-polisiesta­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa