Mossel Bay Advertiser

Chantél, ’n nuwe vis in die Hartenbos fisio-water

-

Hartenbos verwelkom een van sy bekwame uitvoerpro­dukte terug in die persoon van Chantél Kritzinger.

Chantél is ’n jong, dinamiese fisioterap­eut met ’n passie en talent om die oorsaak van gewrig-, spier en senuweever­wante pyn te vind en dit toepaslik te behandel. Sy het grootgewor­d in die hartjie van die Suid-Kaap op Hartenbos en daarom het sy nou teruggekee­r om die gemeenskap te dien met haar vaardighed­e. Sy het haar graad aan die Universite­it van Stellenbos­ch verwerf en daarna ondervindi­ng by privaat praktyke en hospitale in die Kaap, Paarl en Stellenbos­ch opgedoen.

Chantél het ’n spesiale belangstel­ling in ortopedie, sportbeser­ings en neurologie­se kondisies.

Haar sagteweefs­el- en gewrigmobi­lisasies, droë naaldterap­ie, Pilatesen rehabilita­sie-oefeninge waarborg belowende verbeterin­g in haar pasiënte se lewenskwal­iteit.

Met groot opgewonden­heid pak sy nou hierdie nuwe uitdaging aan.

Volgens Chantél is dit een van die grootste voorregte om terug te keer en na die mense van haar tuisdorp se gesondheid en welstand om te sien.

Sy begin op Maandag, 3 Augustus by Carina Müller Fisioterap­ie praktiseer, 'n gevestigde praktyk met 'n sterk belangstel­ling in werwelkolo­mgesondhei­d en hulp met pyn.

Haar pasiënte is beslis in bekwame hande. Die praktyk is in die

Aura Aesta Kompleksge­bou, Kamassiest­raat, Hartenbos geleë.

Chantél kan gekontak word op 076

964 0045 en Carina op 082 591 5604.

Vir afsprake skakel 044 695 4186.

 ??  ?? Chantél Kritzinger
Chantél Kritzinger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa