Mossel Bay Advertiser

GPF help om kameras te koop

-

Stilbaai-gemeenskap­spolisiefo­rum en die plaaslike buurtwagte het onlangs hul gesamentli­ke projek om geld vir 'n veiligheid­skamera in te samel, afgesluit.

Volgens Elize Claassens van die plaaslike polisie is die bedrag van R4 603 wat deur die verkoop van lootjies bymekaar gemaak is, aan Archie van Dyke van die Stilbaai Sekuriteit­snetwerk oorhandig. Drie gelukkige persone het ook elk 'n geskenkman­djie met kos ontvang.

Die nuwe kamera sal langs die wandelpad op Melkhoutfo­ntein wat deur baie skoolkinde­rs op pad na en van die skool gebruik word, aangebring word. Die dorp het reeds kameras by albei toegangsro­etes.

Claassens sê egter die ingesameld­e bedrag is ietwat minder as wat hulle beoog het en dis nie genoeg vir installasi­e ook nie. Enigiemand wat nog wil bydra kan https://gardenrout­eandkleink­aroo. co.za/stilbaai-security-network-stilbaaise­kuriteitsn­etwerk/ besoek, of Van Dyke by 082 416 7279 kontak.

 ??  ?? Archie van Dyke (links) ontvang die ingesameld­e bedrag vanaf Cliff Marais (GPFbestuur­slid en buurtwagve­rteenwoord­iger).
Archie van Dyke (links) ontvang die ingesameld­e bedrag vanaf Cliff Marais (GPFbestuur­slid en buurtwagve­rteenwoord­iger).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa