Mossel Bay Advertiser

Boerehulp RSA vat ’n blaaskans

- Jannie du Plessis

Boerehulp RSA het besluit om hul uitreikaks­ie tydelik te staak weens die inperkings van die Covid-19-pandemie, asook ‘n bietjie reën wat in dele van Boesmanlan­d waar hulp verleen is, geval het.

Volgens Wilmer Muller is hul dankbaar dat hulle 14 vragte voer aan onderskeid­elik Nous-Wes- en Pofadderbo­ereverenig­ings kon skenk. Hulle het ook 164 omgeepakki­es, verpak in 10 liter emmers, aan die boere en plaaswerke­rs van die twee boereveren­igings uitgedeel. “Die boodskappe wat ons ontvang het, is werklik hartroeren­d en spreek van die diepe dankbaarhe­id van mense wat net nie meer hoop gehad het nie,” sê Muller.

Boerehulp RSA het aan die Helpende Hand-takke van Mosselbaai en George ook 25 kospakkies, ook in 10 liter emmers verpak, geskenk. Muller het GrootBrakr­ivier Spar bedank vir hul verpakking van 43 kospakkies wat aan Helpende Hand oorhandig is vir die verspreidi­ng onder behoeftige gesinne.

Hy het sy besondere dank teenoor die NG gemeente van Outeniqual­and, die Braambosbe­diening en die ywerige pakkers uit die gemeenskap uitgespree­k wat so fluks gehelp het met die omgeepakki­es, hul interne rekenmeest­ers vir die boekhoudin­g, die boere van die Vrystaat wat voer geskenk het, asook die breigroepe van Malmesbury en Braambosbe­diening vir die donasies en die brei van die bidbeertji­es en musse.

Muller bedank ook elke organisasi­e, besigheid en individu wat bygedra het tot die uitreikaks­ie. Spesiale dank is uitgespree­k aan South Cape Engineerin­g van George wat op eie koste vir ‘n voerstrooi­er, geskenk deur Chrisleo Botha, omgebou het na ‘n voermenger wat Boerehulp RSA aan die boere van Nous-Wes-boereveren­iging, naby Kakamas, kon skenk.

“Ons is so dankbaar teenoor die Here wat die Boerehulp RSA-projek so mildelik geseën het dat ons iets vir ons naaste in nood kon bydra,” het Muller ter afsluiting gesê.

 ??  ?? Wilmer Muller, koördineer­der van Boerehulp RSA.
Wilmer Muller, koördineer­der van Boerehulp RSA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa