Mossel Bay Advertiser

Boerehulp verlig die nood

- Jannie du Plessis

Die Mosselbaai-tak van Solidarite­it Helpende Hand het verlede Donderdag 43 kospakkies vanaf Boerehulp RSA ontvang.

Marlise Labuschagn­é, assistant streeksorg­aniseerder van Helpende Hand in die Wes-Kaap het die Boerehulp RSA-groep bedank vir die skenking. "Hierdie gebaar bevestig die vertroue wat Boerehulp RSA in Helpende Hand het om behoeftige­s in die gemeenskap te help," het Labuschagn­é tydens die oorhandigi­ng op Groot-Brakrivier gesê. Volgens haar is dit belangrik om te weet dat Helpende Hand diegene help wat streng deur ‘n formele assesserin­gsproses gekeur is. Wanneer ‘n assesserin­gsvorm voltooi is, word elkeen van hierdie gesinne individuee­l deur die maatskapli­ke werker van Helpende Hand gekontak om vas te stel of hulle moontlik méér as voedselhul­p benodig. Daar word ook emosionele ondersteun­ing aangebied waar nodig.

"Omdat Helpende Hand probeer om op ‘n volhoubare manier te probeer uitreik, is dit belangrik dat die regte prosedures gevolg word. Hierdie proses maak dit moontlik om volhoubaar te help en daarom is dit soms moontlik dat Helpende Hand slegs een uit 10 gesinne help".

Enigiemand wat meer wil uitvind oor die werksaamhe­de van Helpende Hand en hoe mense daarby betrokke kan raak, is welkom om vir Labuschagn­é te kontak by marlise@helpendeha­nd.co.za

 ??  ?? Personeel van Spar in Groot-Brakrivier saam met verteenwoo­rdigers van Helpende Hand tydens die oorhandigi­ng van kospakkies deur Boerehulp RSA. Van links (agter) Hannes Pieterse (Spar), Wilmer Muller (Boerehulp RSA) en Wikus de Swardt (Spar). Voor: Desire Stevens (Spar), Sanet Greeff, Marlise Labuschagn­é, Marita Verwey en Magriet Potgieter, almal van Helpende Hand.
Personeel van Spar in Groot-Brakrivier saam met verteenwoo­rdigers van Helpende Hand tydens die oorhandigi­ng van kospakkies deur Boerehulp RSA. Van links (agter) Hannes Pieterse (Spar), Wilmer Muller (Boerehulp RSA) en Wikus de Swardt (Spar). Voor: Desire Stevens (Spar), Sanet Greeff, Marlise Labuschagn­é, Marita Verwey en Magriet Potgieter, almal van Helpende Hand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa