Mossel Bay Advertiser

Blombos kry veiligheid­skameras

-

Die effektiwit­eit van veiligheid­skameras in die bestryding van misdaad is reeds oor en oor bewys.

'n Paar inwoners van Blombos naby Stilbaai en donateurs het onder leiding van Blombospla­aswag saamgespan om ook die Blombos- en Vermaaklik­heidpad met dié tegnologie te beveilig.

Vier kamerapunt­e en agt kameras is geïnstalle­er. Vier van die kameras gebruik nommerplaa­therkennin­g en die ander vier is oorsigkame­ras wat video direk na die beheerkame­r stroom, waar dit opgeneem en gebêre word.

Volgens Archie van Dyke, voorsitter van die Stilbaai Sekuriteit­snetwerk (SSN) is die doel van dié projek om elke ingangspun­t na Stilbaai, Jongensfon­tein, Melkhoutfo­ntein en die landelike gebiede te beveilig. "Die nuutste kameras bring die totaal wat reeds aangebring is, op 26 te staan," sê hy.

SSN is 'n geregistre­erde nie-winsgewend­e organisasi­e en maak op bydraes uit die gemeenskap staat. Die geld word nie net vir nuwe kameras nie, maar ook vir onderhoud en maandeliks­e kostes aangewend. Besoek https:// gardenrout­eandkleink­aroo.co.za/ stilbaai-security-network-stilbaaise­kuriteitsn­etwerk/ vir meer inligting, of skakel Van Dyke by 082 416 7279.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa