Mossel Bay Advertiser

Olifantrob rus duskant Gourits

- Mariska Visagie

'n Groot rob is Sondag, 19 Julie naby Gouritsmon­d opgemerk. S.M.A.R.T.vrywillige­rs (Stranded Marine Animal Rescue Team) het dadelik ondersoek gaan instel en was aangenaam verras om 'n vroulike suidelike olifantrob te vind.

Die Smarties het haar dopgehou terwyl sy op 'n afgesonder­de plek op die strand gelê het. Die rob met haar pragtige, groot oë het net soos 'n vorige besoeker in 2018, Leslie vinnig 'n paar harte verower.

Nadat met dr Greg Hofmeyr by Bayworld bevestig is dat dit nie Zelda, die olifantrob wat in Oktober 2019 aan Ziggy geboorte gegee het is nie, is die nuwe besoeker as Gigi gedoop.

Daar is op hierdie naam besluit omdat sy tussen Gouritsmon­d en Gourikwa aangemeld is. Volgens Hofmeyr is die rob in uitstekend­e kondisie en beslis volwasse.

Iets wat opmerklik was, is die littekens oor haar hele lyf en almal het gewonder watter verhale Gigi sou vertel as sy sou kon praat. Sy het op Dinsdag, 21 Julie na die see teruggekee­r tot groot vreugde en verligting van die S.M.A.R.T.-vrywillige­rs.

'n Spesiale waardering aan die vrywillige­rs wat Gigi gemonitor het terwyl sy op die strand gerus het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa