Mossel Bay Advertiser

Die boeke-vastrap vir oues

-

Biblioteek­personeel mis hul meer senior besoekers só dat hulle ter viering van Mandeladag ‘n sang- en dansprogra­m by tehuise op Riversdal gehou het.

Ursula Oosthuizen, bestuurder van Hessequa-biblioteek­dienste sê die idee, inhoud van die program en choreograf­ie was alles personeell­ede se inisiatief.

Die groep het op Vrydagogge­nd, 17 Julie eers die inwoners van Jan Lange verras, waarna hulle die program by Ou Meule herhaal het.

Inwoners het in die wintersonn­etjie oral in die tuin gesit terwyl Melanie Cloete die bestuurder van Riversdal-biblioteek en haar span gesing, gedans en voorgelees het.

Oosthuizen sê die gedagte agter die besoeke was om die bejaardes te verseker hulle word gemis. “Ons hoop ons sal hulle binnekort weer kan verwelkom om boeke uit te neem.”

 ?? Foto: Deona Aucamp ?? Inwoners van Jan Lange-tehuis geniet die dansers se optrede in die wintersonn­etjie.
Foto: Deona Aucamp Inwoners van Jan Lange-tehuis geniet die dansers se optrede in die wintersonn­etjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa