Mossel Bay Advertiser

Nog n‘ bietjie vasbyt, vra redakteurs

- Cornelle Carstens

Toe Bob Dylan sy trefferlie­djie, The Times they are a-Changin’ in 1964 vrygestel het, sou hy hoe profeties die titel ookal is, nooit kon raai dat 'n virus die wêreld in 2020 só sou verander nie.

Covid-19 het, soos in ander sektore van die ekonomie, ook die media 'n gevoelige knou toegedien. Toegewyde lesers van tydskrifte en koerante vind hulle toenemend in 'n vreemde landskap sonder die geselskap van 'n lekkerlees-artikel en 'n betroubare nuusbron. Ook hier te plaatse het gemeenskap­koerante in die Group Editors-stal nie ongedeerd daarvan afgekom nie, hoewel die gety aan die draai blyk te wees.

Lesers van die Suid-Kaap Forum en Mossel Bay Advertiser sou opgelet het dat daar vir etlike uitgawes, sedert die nasionale ramptoesta­nd in Maart aangekondi­g is, 'n streekskoe­rant verskyn het. Hierdie uitgawes was 'n gesamentli­ke poging deur die George Herald, Knysna Plett Herald, Mossel Bay Advertiser, Suid-Kaap Forum, Oudtshoorn Courant en die Graaff-Reinet Advertiser.

Aanpassing­s

Soos die ekonomie begin heropen het in vlak 3 van die nasionale inperking, was 'n groot ligpunt dat die koerante weer stelselmat­ig hulle eie identiteit kon begin terugkry. Dit beteken egter dat dit steeds noodsaakli­k vir twee-twee titels is om hul kragte saam te span, soos in die geval van Suid-Kaap Forum en die Mossel Bay Advertiser wat tans gesamentli­k op 'n Vrydag verskyn.

"Ons besef dat hierdie 'n groot aanpassing vir ons lesers is wat daaraan gewoond is om op 'n Donderdag met die Suid-Kaap Forum agteroor te gaan sit. Daarom waardeer ons die getroue ondersteun­ing des te meer," sê Wilma Adamson, redakteur van dié koerant. Die rede waarom die koerant nou Vrydae op straat is saam met die Mossel Bay Advertiser, het te doen met logistieke veranderin­ge by Group Editors se drukkery in George.

Suzette Herrer, redakteur van die Mossel Bay Advertiser noem dat beperkte bladspasie met die samevoegin­g van die twee koerante 'n uitdaging is. "Ons is egter dankbaar vir 'n gemeenskap wat in gesprek met ons bly en kan al ons lesers die versekerin­g gee dat ons ons allerbeste gee om juis ons gemeenskap­snuus genoeg blootstell­ing te bly gee."

Beide redakteurs het lesers daaraan herinner dat, hoewel die koerant 'n prioriteit bly, nuus ook aanlyn gevolg kan word. Webtuistes is ook die ideale plek waar foto's en video's gedeel kan word vir almal, om nie net landswyd nie, maar ook wêreldwyd te kan geniet, veral gedurende hierdie inperkings­tyd.

"Ons wil ons lesers aanmoedig om saam met ons vas te byt tot elke dorp en streek se geliefde koerant weer op sy eie bene kan staan. Intussen, gesels met ons, adverteer by ons, stuur julle nuuswenke, briewe, foto's en dies meer. Hou net die gesprek met julle plaaslike koerant aan die gang."

Kontak Suzette Herrer (mba@ groupedito­rs.co.za) of Wilma Adamson (wilma@groupedito­rs.co.za).

 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Redakteurs van die Suid-Kaap Forum en Mossel Bay Advertiser. Wilma Adamson (links) en Suzette Herrer tydens ‘n beplanning­sessie hierdie week.
Foto: Cornelle Carstens Redakteurs van die Suid-Kaap Forum en Mossel Bay Advertiser. Wilma Adamson (links) en Suzette Herrer tydens ‘n beplanning­sessie hierdie week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa