Mossel Bay Advertiser

Punt se A-redenaarsp­an

-

Hoërskool Punt het ‘n graad 8-redenaarsp­an wat dié jaar aan die jaarlikse Radikale Redenaars-kompetisie deelgeneem het.

Die span deelnemers moet almal in dieselfde graad wees. TJ Vorster, Johannes Pretorius en Evert Potgieter is reeds vanaf laerskool saam in die redenaarsp­an en het in 2018 die nasionale spanredena­arskompeti­sie in Pretoria gewen.

Een van die vier spanlede is in graad 8 na ‘n ander skool en ‘n plaasverva­nger moes gekry word. Gratia Pauw was die perfekte keuse en het ‘n lekker dinamika na die groep gebring.

Hulle het tydens grendeltyd hulle toespraak via Zoom geoefen en

‘n opname is daarvan gemaak vir beoordelin­g. Die span het ‘n A vir die toespraak gekry.

 ??  ?? Van links: Gratia Pauw, Evert Potgieter, Johannes Pretorius en TJ Vorster.
Van links: Gratia Pauw, Evert Potgieter, Johannes Pretorius en TJ Vorster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa