Mossel Bay Advertiser

8 lewens oor vir Zeus

- Jannie du Plessis

Die spreekwoor­d lui dat 'n kat nege lewens het, maar 'n mannetjies­kat van Heiderand het beslis tydens sy onlangse avontuur een afgestaan. Zeus van Peperbooms­traat in Heiderand het in 'n motor se enjin geklim en is toe vir 'n 2 km rit daarin vasgekeer tot waar hy by die brandweer ontdek is.

Zeus se nagmerrie het begin nadat Lucinda Piedt met haar Ford-motortjie Sondag, 26 Julie op die plaas gaan kuier het. Met haar tuiskoms het haar hondjie Jessie aanhoudend by die voorkant van die voertuig begin blaf. Sy en haar man het gedink daar is dalk 'n slang in die enjin daarom het hulle na die Mosselbaai-brandweer gery om die reptiel veilig te laat verwyder.

By die brandweers­tasie was Mario Marais en sy kollegas self maar skrikkerig vir wat hulle onder die enjinkap sou vind. Toe daar 'n duidelik hoorbare miaau-geluid gehoor word, het hulle tot hul verligting besef dat die "slang" eintlik 'n vasgekeerd­e kat is.

"Die kat het homself in só klein spasietjie ingewurm dat ons die voertuig met 'n domkrag moes oplig en die kat van onder af boontoe moes druk, boonop nadat ons eers die battery moes losmaak," vertel Mario. "Dat hy die rit oorleef en nie seergekry het nie, is 'n wonderwerk." Volgens Marais was die kat baie verskrik en het sy droë tongetjie van angstighei­d uitgehang.

Sosiale media is toe ingespan om die eienaars op te spoor. Adrian Cairns, ook van die brandweer het die kat vasgehou en die foto is op sosiale media versprei.

Zeus se familie is bure van die Piedts. Piedt is met Zeus na die Fourie-gesin waar Mandy Fourie met trane in haar oë vir Zeus terug ontvang het.

Mandy se ma, Charmaine Scott Fourie het almal wat betrokke was om Zeus met die familie te herenig bedank. Volgens Charmaine kraai Zeus behoorlik koning in hulle huis en is Mandy verskrikli­k lief vir hom.

Zeus het, tipies kat, die baie aandag ongeërg geniet. Hy het selfs sy redder van die brandweer toegelaat om hom 'n bietjie te vryf, terwyl hy net sy goudgeel skrefiesoë van die lekkerkry knipknip.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Die verskrikte Zeus word hier deur ‘n brandweerm­an uit die voertuig se enjin gehaal.
Mandy Fourie en haar geliefde kat Zeus.
Foto: Jannie du Plessis Die verskrikte Zeus word hier deur ‘n brandweerm­an uit die voertuig se enjin gehaal. Mandy Fourie en haar geliefde kat Zeus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa