Mossel Bay Advertiser

WOORD van die week

-

Die Mossel Bay Advertiser ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief. Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za iesegrimmi­g byvoeglik naamwoord Knorrig, nukkerig, nors; nie in ‘n goeie luim nie. Met die oë op 'n skrefie getrek en die mond op 'n iesegrimmi­ge plooi. Hy kan egter nie die rede vir die skielike lawaai ontdek nie en iesegrimmi­g kyk hy waar die rusverstoo­rders is (H en F van Hörsten).

Uit Nederlands iezegrimmi­g, afgelei van die selfstandi­ge naamwoord iezegrim. Iezegrim is saamgestel uit iser "yster" en grime "masker", met ander woorde "man met die ystermaske­r". Dit was oorspronkl­ik die naam van die wolf uit die diere-epos Reinaert. So iesegrimmi­g soos 'n perdeby Baie knorrig of nors.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa