Mossel Bay Advertiser

Baie dankie

-

Trotse pasiënt, Riversdal:

Hiermee wil ek my opregte dank en waardering uitspreek aan die Riversdalk­liniek.

Die personeel is baie toegewyd en behandel al die pasiënte met respek. Ek was in Kaapstad woonagtig en het verhuis. In Kaapstad was dit `n nagmerrie.

Hier is ook lang rye mense, maar die uitdaging word vergeet as jy sulke puik diens kry.

Hier en daar is daar haakplekke as gevolg van `n tekort aan personeel. Dit kan hokgeslaan word deur mense wat administra­tiewe werk doen te betrek om dienslewer­ing te verbeter. Hulle was opgelei om mense te genees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa