Mossel Bay Advertiser

Barmhartig­heid verbaas

-

Anoniem, Mosselbaai:

'n Paar weke gelede het ek 'n hele aantal rekenaarma­atskappye in ons area per e-pos gekontak met die oog op ‘n ongebruikt­e of goeie prys tweedehand­se skootreken­aar vir ‘n enkelouer wat direk as gevolg van Covid haar werk verloor het met die saamgaande probleem van huishuur wat agterstall­ig raak en dreigende uitsetting.

Sy het nog ‘n jong seun om voor te sorg en al oplossing is om 'n aanlynbesi­gheid te probeer waarvoor ‘n skootreken­aar noodsaakli­k is. Dotcom Computers van Bayview Centre Da Nova was, behalwe vir slegs een ander maatskappy wat ten minste geantwoord het, is die enigste wat laat weet het dat hulle ‘n skootreken­aar beskikbaar gekry het vir ‘n goeie prys. Hulle was eerlik genoeg om te noem dat die hardeware goed is, maar dat die spoed nie te vinnig is nie.

Ongelukkig kon die dame dit nie bekostig nie en het ek na gebed en oorweging besluit om haar te help. Toe ek die rekenaar gaan afhaal het Marco van Dotcom aangedui dat hulle maatskappy gelei was om dit as skenking vir haar te gee. Dit was heeltemal onverwags. Kry ‘n mens nog besigheids­mense wat self deesdae swaarkry met soveel simpatie vir ander? Mag die Here hulle ook vergoed vir hierdie geleenthei­d om ‘n gesin wat regtig radeloos is, te help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa