Mossel Bay Advertiser

Atlete kompeteer môre virtueel

-

Leerders van Laerskool Hartenbos gaan op 1 Augustus vanaf 10:00 aan 'n virtuele sportkompe­tisie op Hartenbos deelneem. By Hartenbos Worpe-akademie van Laerskool Hartenbos kry leerders afrigting in gewistoot, diskus- en hamergooi. Marilize Coetzee het die groep in 2018 gestig.

Sy het eers net haar dogter Mieke afgerig. Meer leerders het belangstel­ling getoon en tans is daar 15 atlete wat deur Marilize afgerig word.

Marilize is 'n oud-Springboka­tleet en het vir 30 jaar aan die Suid-Afrikaanse kampioensk­appe deelgeneem. "Ek het verskeie titels in hamergooi- en gewigstoot."

Ses van die atlete wat Marilize afrig is gekies om vir die WesKaapspa­n aan die nasionale kampioensk­ap deel te neem. Weens die nasionale inperking het dit egter nie plaasgevin­d nie. "Ons was almal platgeslaa­n want ‘n hele jaar se harde oefening was op die rotse. Dit het ons egter nie ondergekry nie en ons oefen alweer hard vir volgende jaar se seisoen. Ons is tans besig met ‘n winterprog­ram."

Marilize sê haar span kan nou aan 'n virtuele kompetisie wat deur Sentraal Gauteng Atletiek georganise­er word deelneem. Dit is vir items soos gewigstoot en diskusgooi. "Die hele Suid-Afrika se atlete kan daaraan deelneem. Ons gaan almal op Saterdag, 1 Augustus bymekaarko­m om aan die kompetisie deel te neem. Elke gooi moet afgeneem word. Die video van die beste poging word dan ingestuur, en dan word al die uitslae verwerk. Hierna word die top atlete aangewys."

Die agt atlete wat Saterdag in aksie gaan wees is: Ryan Manser (o/13 gewigstoot en diskus), Ethan Venter (o/12 gewigstoot en diskus), Julia Badenhorst (o/13 gewigstoot), JD van Wyk (o/11 gewigstoot), Lilly Smith (o/11 gewigstoot), Miïke Scholtz (o/11 gewigstoot), Mieke Coetzee (o/13 gewigstoot en diskus) en Walter van Rensburg (o/12 gewigstoot en diskus).

 ??  ?? Marilize Coetzee staan agter haar span atlete, van links: Ryan Manser, Ethan Venter, Julia Badenhorst, JD van Wyk, Lilly Smith, Miïke Scholtz en Mieke Coetzee. Afwesig: Walter van Rensburg.
Marilize Coetzee staan agter haar span atlete, van links: Ryan Manser, Ethan Venter, Julia Badenhorst, JD van Wyk, Lilly Smith, Miïke Scholtz en Mieke Coetzee. Afwesig: Walter van Rensburg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa